Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: takoud

Ek en kleinkind leer intensiewe vorme speel-speel terwyl ons huis toe ry.

So het ek hom al geleer van bloedrooi, potblou, pikswart, spierwit ensovoorts. Tuis vra ek weer as pappa en mamma kom saam eet. Om te spog met sy uitgebreide woordeskat.

Soms maak hy foute, soos spierswart in plaas van pikswart. En dan lag ek te lekker vir die oulike fout.

Gister leer ek hom van oud en jonk.

Baie jonk is ….

Baie oud is …

So drie keer herhaal.

En toe leer ek verder.

Jy is bloedjonk … en hy lag te lekker.

En ouma is stokoud … en hy stry, jy is nie stokoud nie, ouma, Te lekker gevoel, natuurlik voel ek nie stokoud nie, 63 is nie stokoud nie, al het ek gedink dat 30 stokoud is toe ek 18 was.

Aan tafel wil ek by pappa en mamma spog.

Baie jonk is … en hy antwoord te mooi … bloedjonk.

Baie oud is ,,, en die breintjei werk in die hoogste rat.

Dan antwoord hy … takoud.

Ag aardetjie, dit was oulik.

As hy in my klas was, sou ek punte wou gee. Regte sinoniem, al is die woord nie reg nie.

‘n Stok en ‘n tak is mos soortgelyk!

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “Kleinkindpret: takoud

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.