Oudste kleinkind gesels in die klas, en sy onderwysers raas daaroor. Daarom probeer juffrou ouma hom laat verstaan dat dit nie reg is nie.
Die gesprek verloop egter glad nie soos ek beplan het nie. Ek sê mens moenie in die klas gesels nie, hy wil weet waarom nie, sy werk is dan klaar.
Ek verduidelik dat ander maatjies se werk nie klaar is nie, en dat hulle sukkel om te konsentreer as maatjies gesels.
Baie dikmond wil hy weet, nou waarom het hy ‘n mond gekry as hy nie mag gesels nie?
Dit het my so onkant betrap dat ek geen antwoord gereed gehad het nie.
Dit was op die oomblik baie snaaks, waarom het hy ‘n mond gekry as hy dit nie mag gebruik nie.
Gedlige punt.
Nie in klaskamers as ander werk nie …
Nou weet ek hoe ek volgende keer sal verduidelik.
Mens het mond gekry, maar dit beteken nie dat jy dit onverantwoordelik moet gebruik nie. In die klas, as juffrou vra jy moet stilbly, dan doen jy dit. Sy het redes daarvoor, ouma weet.
Ouma was self ‘n juffrou!
Dit is reg 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit is net so!
LikeLiked by 1 person
Hmmm.
LikeLiked by 1 person
Dis mos vryspraak wat kinders vandag in klas het. Hul gesels mos en redineer om by antwoorde uit te kom. (Juffrou is net daar om rigting te hou en nie om hul iets te leer nie, haha) Eks baie sinies oor manier waarop daar vandag “geleer”word in hierdie verligte tyd.
LikeLiked by 1 person
Ek glimlag.
LikeLiked by 1 person
My ouma het altyd gesê: “Goeiste Corna’tjie, die liewe Heer het jou een mond en twee ore vir ‘n doel gegee … luister meer en praat minder” 😄. Blykbaar het ek my ouma se ore van haar kop af gepraat toe ek klein was! Ek het uiteindelik haar raad in die klaskamer toegepas en eerder stil gebly!
LikeLiked by 1 person
Goeie raad, sal vir hom gaan vertel
LikeLiked by 1 person