Ek en kleinkind leer intensiewe vorme speel-speel terwyl ons huis toe ry.
So het ek hom al geleer van bloedrooi, potblou, pikswart, spierwit ensovoorts. Tuis vra ek weer as pappa en mamma kom saam eet. Om te spog met sy uitgebreide woordeskat.
Soms maak hy foute, soos spierswart in plaas van pikswart. En dan lag ek te lekker vir die oulike fout.
Gister leer ek hom van oud en jonk.
Baie jonk is ….
Baie oud is …
So drie keer herhaal.
En toe leer ek verder.
Jy is bloedjonk … en hy lag te lekker.
En ouma is stokoud … en hy stry, jy is nie stokoud nie, ouma, Te lekker gevoel, natuurlik voel ek nie stokoud nie, 63 is nie stokoud nie, al het ek gedink dat 30 stokoud is toe ek 18 was.
Aan tafel wil ek by pappa en mamma spog.
Baie jonk is … en hy antwoord te mooi … bloedjonk.
Baie oud is ,,, en die breintjei werk in die hoogste rat.
Dan antwoord hy … takoud.
Ag aardetjie, dit was oulik.
As hy in my klas was, sou ek punte wou gee. Regte sinoniem, al is die woord nie reg nie.
‘n Stok en ‘n tak is mos soortgelyk!
Hy sal terug kyk en onthou hoe lekker hy saam met ouma geleer het 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek hoop so …
LikeLike
Slim klein kalant om stok by tak te bring.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so, wys hoe assosieer hy
LikeLike
Die kleintjies is soos ‘n spons. Hoe meer inligting hul inkry in die verbygaan te meer gee hul vir mens terug op die regte plekke en tyd.
LikeLiked by 1 person
Lief die ou sponsies
LikeLike
Dis so lekker om te sien hoe daardie sponsie alles gebruik wat hy opneem. Sommer selfs vyf minute later as hul iets nuuts gehoor het.
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit net so baie soos jy
LikeLiked by 1 person
Mens moet eintlik n woordeboek saam stel met kinders se “eie” woorde! My dogter het gepraat van die bakhys ipv hysbak….
LikeLiked by 1 person
Mens moet – ons oumas moet begin
LikeLiked by 1 person
Jy het al n woordeboek vol en Frannie kan ook n groot bydrae lewer!🥰
LikeLiked by 1 person
Dit is so waar, kom ons dink mooi daaroor
LikeLiked by 1 person
Kinders se sêgoed is kostelik en die interaksie met Grootouers kosbaar.
LikeLiked by 1 person
Damkie, ek lief dit so baie.
LikeLike
Mens wonder dan hoe ouers moet sukkel as kleinkinders oorsee gaan bly
LikeLike
Jy’s reg, dis te oulik! Dis wonderlik dat jy hom so speel-speel leer … hy gaan dit altyd onthou 🙂.
LikeLiked by 1 person
Ek wil ook, nou skryf ek maar hier as ek sou begin vergeet. Baie dankie
LikeLiked by 1 person