Gepubliseer in Joernaal

Zama-zama’s veroorsaak ontploffing in Johies se middestad?

Dit klink so onwerklik dat ek eers gaan Google het om seker te maak toe dollatjie die boodskap stuur …

‘n Gaslyn onder Breëstraat in Johannesburg se middestad het ontplof. En chaos veroorsaak.

Nie dat ek haar nie geglo het nie, sy is die eerste een wat my reghelp as ek ‘n boodskap aanstuur wat versinde boodsakp aanstuur wat tog so geloofwaardig lyk. Soos daardie een wat hierdie vrou met Geografie 3 agter haar naam geglo het oor die maan wat so massief opkom iewers op die aarde …

Maar, dit is blykbaar waar. ‘n Gaslyn het onder Breëstraat in Johies se middestad ontplof … en die pad uitmekaar geruk.

Die tonele is erg, taxi’s wat op hulle sye lê, taxi’s wat bo-op ander motors gehop het, ‘n verskeurde pad en ‘n gat waar die ontploffing was.

Blykbaar is net een mens dood en 41 beseer. Dit moet ‘n wonderwerk wees, want dit is ‘n besige straat. Ek verkyk my aan al die mense wat daar rondstaan, teenaan die skeure en gate. Ek sou nie daarnaby gekom het nie, in die heel eerste plek omdat dit soos gas geruik het. Dit is ook ‘n wonderwerk dat die gas nie aan die brand geslaan het nie.

Dit is moontlik zama-zama’s se skuld. Dit is onwettige mynwerkers, wat probleme veroorsaak waar hulle ookal gaan.

As dit waar is, en as hulle die gaslyn beskadig het, is die dodetal natuurlik baie meer as wat vermoed word. Want daar is geen vlugkans vir gas in ‘n myntonnel nie – veral nie ou tonnels waar daar geen ventilasie is nie.

Ek het ‘n heilige vrees vir zama-zama’s, waarskynlik omdat my man ‘n mynman is. Hierdie soort misdadigers het geen genade as hulle wegkruipplekke ondergrond opgespoor word nie.

My vraag is natuurlik waarom ‘n gaslyn onder ‘n straat lê? Hoe kon dit in stand gehou word? Hoe oud is dit? En so baie ander vrae.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

2 gedagtes oor “Zama-zama’s veroorsaak ontploffing in Johies se middestad?

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.