Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Blah blah blah

Ons het Sondag ons kersfees in Julie ete gehad, eerste keer ooit. En dit het so bietjie geflop, ek het al vertel.

Ek het ook vertel dat ons vet pret gehad het. Hierdie staaltjie moet vertel word.

Kleinkind het nie die dag geslaap nie, dus is hy teen sesuur die aand aan etenstafel regtig baie, baie moeg.

Ek bring sy “kersgeskenkie” ‘n puzzle wat ook letters aan die een kant en syfers aan die ander kant op elke stukkie het. Oulike, dik houtblokkies, ek sal foto neem.

Ek het die middag ook een vir hom gegee, en hy het dit sowaar gebou, met mamma se hulp. Hy kan syfers en letters lees, daarom het ouma dit gekoop. Oefening vir die breintjie – inskerping van nuwe kennis.

Teen die tyd wat hy klaar geëet het, min, is hy doodmoeg. Mamma sê hy moet nog een happie vat, dan kan hy die legstukke oopmaak.

Hy kyk haar aan, steek die tongetjie uit en blah, blah blah haar met die tongetjie wat elke blê uitgedruk word.

Ek en oupa is verras. Ons kinders sou raps op die boud kry oor sulke gedrag. Maar, hy is my kleinkind en dit is vir my vrek snaaks en ek sukkel om my lag weg te steek.

Kyk ook nie vir mamma en pappa nie, ek hou nie daarvan as hulle pak kry nie. Hulle is egter doodgerus.

Ek vra of hy nie die geskenkie wil hê nie, en hy doen daai p.joe deur die tande wat die tongetjie vasbyt. Hy kry raas, moenie ouma spoeg nie.

Dit was nie spoeg nie, maar ek meng nie in nie. Oumas bly stil as dit by dissipline kom.

Hy het al lankal begin stadiger beweeg en nog stadiger gepraat.

Mamma en pappa sê dit is sy nuwe ding. As hy moeg is, blah-blah-blah hy hulle.

Sy is met hom kamer toe en minute later is sy terug. Hy is vas aan die slaap!

Later lê ek en oupa in die bed, en dan blah-blah-blah ons mekaar. En lê ons soos ons lag.

Hy het aan die begin raas gekry, vertel hulle. Toe kliek hulle die kind is verby moeg, hy is dood op sy voete. Wil antwoord, maar dit klink vir hom net soos blah-blah-blah as hulle praat …

En dan bleh, bleh, bleh hy terug. Hy moet mos antwoord?

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Kleinkindpret: Blah blah blah

  1. Ja-nee, hy is geleer om te antw as grootmense praat. Hul praat dan so blah-blah, so dan antw hy mos nou terug al is dit nie woorde nie. Daardie moegheid is onhanteerbaar as hul so klein is. Klein Amelia gaan Saterdae vir haar swemles. Daardie halfuurtjie haal sy alles uit. As hul tuis kom dop sy sommer om enslaap maklik vir twee ure. Onthou daardie beentjies trap net water daars geen kans vir stilstaan en rus nie. Sy swem nou al blykbaar heel op haar eie(sy is nou maar drie jaar)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.