Ek wou graag ‘n iets saam met die kinders reël, ‘n nuwe tradisie. En toe ek so lees en soek, kom ek op die idee van Christmas in July af.
Ons gesin hou van kersfees, ons is altyd kersfees saam, as dit nie op die dag is nie, eet ons as gesin saam voor die tyd. Gaan nou moeiliker wees, dollatjie het 1 200 km weggetrek. Maar ons kan moontlik oor kerstyd wel almal saal by die see wees. Tyd sal maar leer.
So reël ek kersfees in Julie ete by ons vir gister, eerste naweek in Kulie wat ons kan. Natuurlik net ons en seun-hulle, dollatjie is mos nou baie ver weg.
Saterdag is ons dorp toe, om ‘n verrassing te kry. Daar is geen – maar geen kersversierings in die winkels nie. Shaars ietsie roois. Ek vergeet sommer van poppers (crackers), die is ook nie beskikbaar nie.
Die manne het die oggend vroeg gaan gholf speel – nota aan myself. Nie weer volgende keer nie, hulle was moeg geploeg na ‘n dag op die baan. Was al voor sewe weg, oms na twee terug te kom. Skoondogter het eers naby twee hier aangekom, dus was ons twee by die klubhuis saam met kleinseun, wat nie wou gesiggie verf nie en nie ‘n ballon spleeding wou hê nie.
Vreemd, die vorige Saterdag het hy baie lank in ‘n rytjie gestaan vir ‘n ballon. En wou hy skulpies op sy gesiggie hê. Nie ‘n tier of leeu of enige iets anders soos die ander kleintjies nie, hy wou skulpies hê. En ‘n swaard! Nou wou hy niks hê nie.
Die oom kan krokodille maak – en toe soek hy een. En later sien ons ‘n Spiderman wat die oom gemaak het en gaan vra hy, Spiderman asseblief oom vir die Ingelsman, om een te kry!
Terug by die huis is alles deurmekaar. Ek en skoondogter het so pas geëet by die klubhuis,w at ons twaalfuur sou doen. En manlief en seun was honger, dus moes ek die brode en smere vinnig op die tafel kry om te eet – die voorgereg wat ek en manlief beplan het.
Dit was skaars in, toe is manlief se vleis reg en moet ek jaag om die bygeregte gemaak te kry. Gelukkig was die ertjies en soetwortels reeds in die potte, dit het vinnig gaar geraak. Die aartappels wat voorafgekook, ek kon dit net in die lugbraaier sit om te bak.
Dit was een malle gejaag, glad nie wat ek wou hê nie. ‘n Rustige saameet en kuier nie.
Maar, dit was heerlik so tussen die gejaag deur.
Volgende jaar beplan ek beter, en geen gholf sal die dag moeilik maak nie. Tot volgende keer!
Vanoggend lees ek sowaar raak dat Elsabe, my blogvriendin, ‘n ware skryfster is. En dat sy ‘n Kersfees in Julie promosie het. Loer gerus op haar blog by Elsabe skryf.
En dit gaan natuurlik ons nuwe naam wees vir die dag – Kersfees in Julie, dalk was dit die probleem, ek moes dit in Afrikaans gestel het …
Of nee wag, ek dink ek was nie goed ingestel vir ‘n kersfees in Julie nie.
Volgende jaar probeer ek weer …
(Hooffoto: Ek leen so stukkie van Elsabe se promosie daarvoor).
Klink na pret. Deurmekaar en al!
LikeLiked by 1 person
Dit was, ek sal net volgende keer baie, baie beter beplan.
LikeLike
Practice makes perfect 😊😍
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan …. ek sal net moet oefen.
LikeLike
😋😁
LikeLiked by 1 person
Ja, ek dink ‘n mens sal ver gaan soek vir kers versierings in winkels in Julie … alhoewel, die versierings word elke jaar vroeer en vroeer uitgepak … dalk is dit volgende jaar teen Julie al op die rakke 😁. Of jy moet in Januarie volgende jaar al die kersversierings gaan koop wat op spesiale aanbieding is. Dit klink darem of julle lekker kon eet – al was dit nou so effe gejaagd!
LikeLiked by 1 person
Plan daai om Januarie op specials te gaan koop. Gejaagd, maar verskriklik lekker.
LikeLiked by 1 person
EN met die sneeu wat nou tot in Johannesburg val, kon dit nogal groot gewees het! Maar volgende jaar gaan als klopdisselboom verloop.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan baie, baie beter beplan. Moet oplees ook
LikeLiked by 1 person
Ek hou van die naam, Kersfees in Julie.🤗
LikeLiked by 1 person
Ek ook, en ek sien ons estate het een iewers in die maand, hulle gaan groot gaan, maak my sommer lus om maar daar te gaan eet … Sterkte, Una, dink aan jou
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa.
LikeLiked by 1 person
Sterkte daar. Bid vir julle.
LikeLiked by 1 person