Anne deel nou die dag die mooiste foto’s wat sy van bye geneem het. En gister sit ek en koeldrank drink toe die bye my kom besoek.
Kleinseun het op die speelrame gespeel. En ek het ‘n koeldrank bestel. Cola tonic en soda. Toe kry ek ‘n blikkie soda en ‘n blikkie Indian Tonic. Hoe sy daarby uitgekom het, weet ek nie. Maar ek besluit toe om so te hou.
Die Indian Tonic het due bye getrek. En ek het ewe braaf gewaai en vingers geklap om hulle weg te jaag toe kleinseun by my kom staan. Eintlik is ek doodbang vir die angel van ‘n by.
Ja, ek weet mens krap dit uit dan is die seer minder as uittrek. Maar, sy pa is allergies vir bye. Mens weet nooit of hy ook is nie …
Hier is foto’s van my iPhone af, dit is mie so pragtig soos Anne s’n nie, maar mens kan darem die aartjies in die vlerkies sien. En ja, Anne, ek het juis aan jou foto’s gedink toe ek my kamera gryp en kyk of ek ietsie van die vinnige bytjies kan vasvang.
Dit is nie asof hulle stilsit vir ‘n foto nie ….

En so sien ek so pas dat Nog ‘n blogvriendin vandag ‘n foto van bye tussen haar foto’s van goggas deel. Dus het ek gou kom verander om jou by te voeg en deel ek my bye sommer ook met jou Nowathome!
Ek oorweeg nogal om nuwe foon met beter kamera te kry. My iPhone was in 2019 geskenk vir my verjaarsdag van manlief toe ons Nursultan, die hoofstad van Kazakhstan gaan besoek het. En my hart wil nie daarvan afstand doen nie. Dalk moet ek ‘n bystand ene koop?
Ek kan nogal simpatiseer hiermee, ek is net so bang vir bye, veral Scutalata heuningbye omdat mens hulle al op ‘n afstand kan hoor aankom. Hulle is ook meer agressief as ander heuningbye soos die Kaapse bye. Scutalata word ook soms in Engels as Killer Bees beskryf. Op my pa se plaas het ons jare lank so ‘n swerm in ons motorhuis gehad. As jy ‘n swerm het, is dit moeilik om van hulle ontslae te raak, want roei jy een swerm uit dan trek ‘n volgende trekswerm net weer in. Die vorige inwoners los ‘n reukspoor wat die nuwes aanlok.
LikeLiked by 1 person
Dit is so interessant, ek het nie geweet nie. Sou swaeltjies dit ook doen?
LikeLike
Ek is nie seker of swaeltjies ook aangetrek kan word deur die reuk van vorige swaeltjies in ‘n seker plek nie. Wat ek wel van hulle weet is dat swaeltjies geneig is om elke jaar na dieselfde plekke hier en oorsee te trek om nes te bou en te broei. Dieselfde swaltjies wat by jou huis nes maak het ‘n sekere huis oorsee waar hulle ook sal nes maak.
Hier is ‘n wikipedia skakel oor daardie bye wat ek vanoggend van gepraat het. 0833253745
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n selfoonnommer, maar ek gaan oplees oor hulle. Bye wat aanvaal is nie snaaks nie, dus is ek baie skrikkerig vir bye. Dankie vir die deel.
LikeLike
Ek is nie seker of swaeltjies ook gelok kan word deur die reuk van vorige swaeltjies nie, maar weet wel dat swaeltjies wel ‘n gunsteling plek hier en oorsee het waarheen hulle trek. Dieselfde swaeltjies wat by jou huis nes maak het ‘n ander huis oorsee waar hulle ook verkies om nes te maak en te broei.
Hier is ‘n skakel na die bye waarvan ek vanoggend gepraat het. Vee asb die vorige kommentaar uit, daar het ongelukkig ‘n nommer in plaas van die skakel verskyn. https://en.wikipedia.org/wiki/East_African_lowland_honey_bee
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek gaan gou oplees.
LikeLike
Sjoe, ek het nie geweet ons bye kan teen mekaar kompeteer nie. Dit is nogal sleg. Lyk my hier by ons si dit nog die werkersklas bytjies.
LikeLike
Ja, die Kaapse werkersklaswyfies steel mannetjies by die Scutellata koningin en kry kleintjies wat nie te gewillig is om te help werk in die nes soos die ander nie. Wonder net wie was die mense wat die Kaapse bye verder noord gevat het sodat dit nou ‘n probleem vir byeboere is.
LikeLiked by 1 person
Ek wonder ook, hulle moes sommer teruggejaag word. Interessant dat hulle babas nie gewillig is om te werk nie. En dat die arme werkendes dit op die ou eiende nie maak nie.
LikeLike
Jy’t heel goed gedoen om die bye af te neem. Ek loer hulle ook maar net altyd van ‘n afstand af – ek’s by twee geleenthede deur ‘n by gesteek (een keer het ek kaalvoet in een getrap en die ander keer het dit binne-in die skoon wasgoed op die draad geskuil en het ek hom per ongeluk in my hand gedruk). Dit het vreeslik geswel en was vir dae daarna nog seer – dalk is ek effe allergies daarvoor, so ek bly maar versigtig.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit klink baie seer. Stoute bye, ek is mal oor hulle produk, maar moet nie te na aan my kom nie.
LikeLiked by 1 person