Gepubliseer in Joernaal,Resensies

Demi Lee Moore – Jy ken my naam

Ek het saam duim vasgehou dat Demi Lee Moore Die Kontrak wen. Al was die ou wat tweede was ook ‘n gunsteling. Wat was sy naam nou weer?

Ek gaan nie opsoek nie, ek dink nogal sy naam was Ivan Roux. Toe hulle in die finaal teen mekaar sing, het ek net geweet dat sy gaan wen. Daar is vir hom ‘n lied geskryf wat nie by baie byval sou vin nie. Hare was pragtig – al het eet slaap herhaal my geweldig geïrriteer. In so mate dat ek dit verban het en nie seker is of ek nou die koorgedeelte reg herhaal nie. Ek gaan nie luister om dit reg te stel nie …

Want, dan sit dit weer vas in my geheue om enige tyd en plek op te borrel. Nee, ek gaan nie luister nie.

Ek sien vanoggend op my Facebook dat sy ‘n album bekend stel – Jy ken my naam. Ek het nogal gedink dit gaan Christelik wees, maar ek is natuurlik laf. Niemand sal Jesus jy noem nie. Nie so nie.

Ek het dit dadelik op my iTunes afgelaai en geluister. En ja, dit ‘n ‘n album vol pragtige liedjies.

My gunsteling is waarskynlik juis die titelsnit:

Jy ken my naam.

Hier is ‘n video van die liedjie …

My man ken myne ook, al vir meer as 40 jaar …

Kan jy dit oorvertel?

Ek het hom op 19 ontmoet, dit impliseer dat ek minder as ‘n derde van my lewe sonder hom was.

Die res is geskiedenis.

Iedergeval, hier is die skakel na die album, jy kan dit op verskeie platforms luister. Soek net na Jy ken my naam – Demi Lee Moore …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Demi Lee Moore – Jy ken my naam

Lewer kommentaar op Positief Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.