Gepubliseer in Joernaal

Tyd …

Hierdie jaar kan ek in een woord saamvat,

Tyd

Tyd wat verbygegaan het totdat ons Shilo se probleem geîdentifiseer het. Tyd wat ek in wagkamers gewag het om te hoor wat ‘n veearts vind. Tyd wat ek wil wegdraai van die dag toe ek uiteindelik weet wat my woefkind makeer. ‘n Woefsjirurg met geen simpatie wat die MRI video vir my wys, my woef van alle kante bekyk. Die verskriklike groot kanker vir my uitwys. Ongeneeslik en te ver gevorder om hom te probeer red. Tyd wat verbygaan terwyl hy sieker word, maar steeds by sy mensmamma wil wees. Tyd wat ek nie omwens nie omdat ek nie daardie besluit wil maak nie. tyd wat ek steeds met Shilo het.

Tyd

Tyd wat die die rivier geneem het om te styg, tyd wat die water in ons huis gestaan het. Tyd wat dit gaan neem om die plek skoon te maak.

Tyd

Tyd wat manlief anderland gaan werk, tyd wat gesloer het toe hy een middag tuis kom en sé dat hy vir tien dae moet gaan. Tyd wat ek omgewens het omdat Shiles sieker word. Tyd wat ek wou laat stilstaan dat Shilo nie weggaan terwyl ek alleen tuis is nie.

Tyd

Tyd wat ek in dokters se spreekkamers deurgebring het om te probeer verstaan waarom ek so moeg is. Tyd wat die bloedtoetse neem voor dit op my foon resultate wys. Tyd wat ek af van die ysterpille was. Tyd om weer dadelik terug te gaan.

Tyd

Tyd wat ek nie meer bestuur nie. Tyd wat al omgegaan het sonder om agter die stuurwiel in te klim. Tyd om weer agter die stuur in te klim, die probleem vir my dubbelvisie is opgespoor. Dit was goeie nuus, ek het net ‘n bril nodig. Gaan dit my help om weer te wil bestuur?

Tyd

Tyd wat ek hoor dat my gunsteling redaktrise uittree weens gesondheidsredes. Tyd om dalk na ‘n ander veld oor te slaan. Het ek tyd om iemand nuuts te leer ken?

Tyd …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

16 gedagtes oor “Tyd …

  1. Ek deel jou tyd-probleem. Het onlangs vir my man gesê die lewe gaan te kort wees vir my om alles te doen wat ek nog graag wil doen. Maar die klein dingetjies wat sekondes steel… is net elke dag daar.

    Liked by 1 person

  2. Ek voel ook dat tyd vinnig verby gaan en dat daar te veel is wat elke dag ‘moet’ gedoen word. Be kind to yourself, change gear and travel more slowly by giving yourself time to appreciate some of the smaller things in life. Take care.

    Liked by 2 people

  3. Tyd is kosbaar – elke sekonde daarvan. ‘n Mens besef dit eers wanneer tyd uitloop en jy nog soveel wil doen. Maar ek stem saam met Anne, partykeer moet ons bietjie stadiger … dalk aanpas by ons huidige pas, stil staan en asem skep.

    Liked by 1 person

    1. Dink ook so, moet pas stadiger maak en meer aandag gee aan goed wat belangrik is. Ek luister vanoggend so na Angus Buchanan. Dit is die rowwe goed wat ons sterker maak. Maar aan die ander kant, wil ek nie sterk genoeg wees om my woefkind se draadjie te knip nie.

      Liked by 1 person

    1. Jong Una, van daardie vliegery is reeds verby, die 10-ag een. Hy is so pas terug van ‘n drie-dag een. Ek het geen idee hoe vrouens dit maak as hulle mans op die 6-weke weg, 2-weke terug skedule is nie. Ek sou dit nie maak nie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.