Ek het so week gelede geskryf dat ek die skakel na hierdie artikel sal deel sodra die artikel gepubliseer is. En ook die naam van die artikel weerhou …
Dankie aan almal wat nuuskierig was oor die onderwerp. Hier is die skakel as jy sou wou lees.
Ek is nuuskierig oor kommentaar …
Awesome, goed om te hoor jy het hom voltooi en gepubliseer. Dis harde werk en verg konsentrasie.
LikeLiked by 2 people
Iets waarvoor ek te min tyd kry, maar Scrapy, dit voel hemels om dit te kan skryf. Hy is uit in die publieke domein. En ek kan uiteindelik rustigheid kry …
LikeLiked by 1 person
Aha, ek is bly vir jou part. Ek weet hoe dit voel as jy jou toespits op dit wat jy wil doen en dit vorder nie na wense nie; maak als spanningsvol. Ek het juis ‘n my laaste 5 weke skryfkursus so beleef omdat daar net nie tyd was om te gaan sit om navorsing te doen nie. Elke week was die skryf uit ‘n ander hoek en dit het tyd gevat om als agtermekaar te kry.
LikeLiked by 2 people
Dit is so, elke keer is ander elemente betrokke. Jy geniet die kursusse baie,
LikeLike
Beslis.
LikeLike
Kletstoeps … wat ‘n mooi naam! Dis baie interessant om die verskille (en ooreenkomste) tussen die verskillende toeps te lees … maar genugtig Christa, jy moet geweldig baie tyd uitsit om so ‘n volledige stuk te kan skryf! Die inhoud en illustrasies is maklik leesbaar (alhoewel daar so ‘n paar termes is wat nie sommer in my gewone woordeskat voorkom nie 😉), maar welgedaan! Jy het jouself goed gekwyt van jou (skrywers)taak.
LikeLiked by 1 person
Ek waardeer dit verskriklik baie, dankie. Daar gaan soveel tyd in dat ek moedeloos raak as ek nie tyd kry nie, maar, as die eindproduk verby die keurders kom en ek weet ek het een van die twee wat ek moet gepubliseer gekry, dan is die hemel op aarde. Ek skryf vir almal om te verstaan, die swaar opvoedkundige studieveld is nie vir my nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het die tabelle goed verstaan. Ek maak mos hoeka altyd lysies langs mekaar om ‘n besluit te kan neem. Goed om te weet dat Whatsapp werk. Interessant om te lees van die Universiteit wat net Telegram gebruik. Ek het ‘n opname gemaak onder my ouers toe die openbaarmaakbom gebars het en niemand was bereid om oor te slaan Telegram toe nie. Interessant om die vergelyking tussen die toepe te lees. Goed gedoen.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Appeltjie, ek waardeer die terugvoer. Dit is die ding met nuwe tegnologie, dit sypel in. Dit word nie op een slag opgeneem nie. Toe was Telegram nog baie onbekend.
LikeLike