Nuwe huise het mos ‘n blad in die opwaskamer waaronder die wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasmasjien kan inskuif. En totdat ek in ‘n ouer huis ingetrek het, het ek nie werklik besef hoe belaglik dit is nie.
Of is dit nou vandat ek die afgelope vier jaar my eie huis skoonmaak? Want ek kan nie verstaan waarom vrouens nie lankal protes aangeteken het oor die ongemaklike plek waar die masjiene ingeprop word nie.
My probleem is dat die bokant van die masjiene selde skoongemaak kan word. Want daar is geen manier waarop ek die krag het om die masjiene in en uit te skuif nie.
Maar, daar is ‘n veel groter probleem.
Ek moet bykans op die grond sit om die klere uit die wasmasjien te haal en in die tuimerldroër te sit.
Daarna moet ek bykans op die grond sit om dit daar uit te haal om dit oor die wasgoeddraad te gaan hang.
Met die skottelgoedwasmasjien gaan dit nie veel beter nie. Daar moet ek op die grond sit as ek die sout in die onderste gat wil sit, en op slegte maniere buk om die skottelgoed op die onderste rak in te sit of uit te haal.
Ons eerste en tweede meenthuis in Centurion het nie blaaie gehad waaronder die masjiene moet inskuif nie – behalwe vir die skottelgoedwasmasjien in die eerste ene. Hierdie ene het ‘n kaal muur aan die oorkant van die wasbak vir die masjiene gehad. En dit het my uiteindelik laat besef hoe die probleem opgelos kan word.
Ek het vir manlief verduidelik dat die masjiene gelig moet word. Op ‘n blad moet staan en nie onder die blad nie. En dan kan ek menshoogte die wasgoed insit en uithaal, maar ook die skottelgoed.
Dit het so bietjie verduidelik gekos, want dit is ‘n kreatiewe idee waaraan eers gewoond geraak moes word.
En toe is ons die naweek na Builders toe om die plank te koop. Eintlik twee, want ek wou die pote/staanders ook van hout gemaak hê. Ver genoeg van mekaar dat ek die plastiese houers wat ek by WestPack gekoop het gemaklik onderin kan skuif.
Manlief het gemeet en gepas en op die ou einde kon 5 van die houers gemaklik onderin pas. Ek wou nie deurtjies hê nie, dit is net in die pad. Verder wou ek ook nie ‘n plank teen die grond hê nie, want ek is die ene wat die vloere moet was. En so is dit eenvoudig net makliker.
Saterdag maak manlief die staander in die motorhuis. Die masjiene word 37 cm gelig, dus is die staander 37 cm hoog.
En toe word seun opgekommandeer, kom help asseblief die twee ou mense om die masjiene op die plank te kry – en die plank natuurlik in die kombuis ingedra te kry – ek het doodeenvoudig nie daardie krag nie.
Watter vrou kan twee dik planke van 2,4 meter elk saam dra?
As manlief aandring, vertel ek hom net mooi dat dit goed sou wees as hy met ‘n man getrou het. Dan kon sy man hom help om alles te dra. Dit help gewoonlik om hom te laat verstaan dat vrouens – wat skaars meer as die helfte van hulle mans se gewig weeg – doodeenvoudig nie dieselfde krag het as ‘n man wat gestoei het, rugby gespeel het en gimnastiek gedoen het nie.
Ewenwel. Ek wil ook nie die krag hê nie, ek hou daarvan om soos ‘n vrou te voel.
Ek verwonder my aan die gemak waarmee ek sedert Saterdag my werkies in die huis doen. Goed – dit is eerder werk en sommer baie daarvan.
Maar … dit voel nie soos werk nie omdat ek nie op die grond moet sit en werk as ek wasgoed en skottelgoed was nie.
Manlief se handewerk …

Hoe hemels is dit nie?
Ek kan nie oorvertel watter verskil die 37 cm maak nie, mens moet maar self kom kyk en voel.
O ja, ons het gewone hout gebruik en eikehout kleur gevlek. Dit sou ‘n absolute vermorsing van kosbare eikehout wees om egte eikehout te gebruik om die staander te bou.
Die houers is nog nie vol nie, maar twee het al werkies gekry. Die een hou al my Kirby se bykomstighede bymekaar en die tweede een alles wat ek nodig het om my kar te was. Bly sommer skoon, want die houers het deksels …
Oeps, daar vertel ek sowaar.
Ek hou baie daarvan om my eie kar te was, daar is net iets dankbaars aan haar as sy klaar gewas is. Verder het ek ook regtig nie tyd om iewers te gaan sit dat sy gewas word nie. En dalkies, net dalkies is dit goed vir my lyf ook?
***
Rede vir dankbaarheid vandag is dat my man my “handy man” is. Ek het juis ‘n nuwe iets wat ek wil vra, maar ek gaan ‘n hele ruk lank aan die sagmaak moet werk om hom te oortuig dat dit sy idee is …
10 uit 10 vir jou idee! Die probleem is dat die meeste goed deur mans ontwerp word, wat glad nie eers omgee oor die behoeftes van ‘n vrou nie, wat nog te sê dit probeer verstaan. Bv. Waarom het grassnyers lank genoeg koorde om ‘n groot grasperk te sny maar stofsuiers korterige koorde wat mens ewig aan ‘n extention moet koppel om oral by te kom?
LikeLiked by 3 people
Dankie Seegogga. Ek wou so skryf, dat dit ‘n probleem is dat mans huise ontwerp. Maar ek ken te veel vrouens wat argitekte is. En nie een van hulle het die idee gekry om masjiene te lig nie. En ek stem saam, mens kom nie oral by met die kort drade van stofsuiers nie. En dan moet daar oral gebuk word om uit te haal en in te druk. Miskien moet ons hulle ‘n paar maande lank huis skoon maak om al die probleme te vind?
LikeLiked by 1 person
Ja ne! Maar jy gaan sukkel met daardie een- om mans maande lank te laat skoonmaak! Tog , ek dink jy moet jou idee publiseer in tuis of erens. Dis briljant!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, Seegogga, ek moet dalk?
LikeLike
Ja ek dink so!
LikeLiked by 1 person
Goed, ek sal kyk of ek iets kan skryf …
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n goeie idee!
LikeLiked by 2 people
Dankie, Anne, dit is werklik lekker om nou in my kombuis te wees.
LikeLiked by 2 people
Dis nou briljant!
Hahaha Seegogga staadig nou.
Ons het sopas in ‘n splinternuwe woonstel getrek op die vyftiende verdieping hier in Ho Chi Minh City. Die moderne uitleg, en benutting van elke cm spasie is nogals prakties ook. (uit ‘n man se oogpunt haha)
Die “bolaaier” – wasmasjien is half so in ‘n stegie wat jy bereik met ‘n skuifdeur – skuus hierdie een is bietjie moeilik om te verduidelik. Dink ‘n foto of ‘n kort video sal makliker wees om te verduidelik. Ons bly lekker en het goed aangepas in ons nuwe omgewing.
Vriendelike groete
Philip
LikeLiked by 2 people
Ag Philip, dit is lekker om te hoor dit gaan goed daar. Dankie, ek geniet die nuwe manier hoe my masjiene staan. Ek wens julle alle sterkte toe, ek het al hoe meer geen ebgeerte om ooit weer land uit te gaan nie.
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n slim idee! Dit lyk pragtig.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, Aletta, dit is so lekker om gemaklik te werk as ek moet werk …
LikeLike
Ek stem saam! 😊
LikeLike
Sjoe Christa, dit is nou sommer ‘n slim idee en dit lyk so mooi en netjies.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, ek vertrou my man se handewerk. Ons het iemand gekry om te kwoteer, maar hy het nie verstaan nie en nooit na ons teruggekom nie.
LikeLiked by 2 people
Dit was nou ń skitterende plan, Christa, en dit lyk pragtig!
LikeLiked by 2 people
Dankie, Una, ek dink self dit lyk mooi.
LikeLiked by 1 person
bly alles het goed uitgewerk. Ek veronderstel wasmasjiene was nie bedoel om gesien of gehoor te word nie. Hulle het ons s’n teen die muur gemonteer en daarom het ek ‘n trapleer nodig om hulle te bereik. Wie dit ook al gedoen het, moes 7 voet lank gewees het. Dit is ‘n baie nou spasie met geen plek om hulle langs mekaar te plaas nie.
LikeLiked by 2 people
Ai, dit is sleg as dit so hoog is. Hoe moet mens daarby uitkom as jy ouer is?
LikeLike
Dit lyk great en baie slim idee. En mooi gemaak, jy is blessed met jou handy man🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin, goed om van jou uit die sandput te hoor.
LikeLike
🌻🌻, word weer mens na die akkreditasie
LikeLiked by 1 person
Vertel?
LikeLike
Wel beste nuus is ons het dit gekry, harde werk nou om te sorg bly so, mens mos maar gemaak om terug te gaan na wat vir jou gemaklik is. Al wat ek weet is ek is verby bly is oor🌻
LikeLiked by 1 person
Nie eens getwyfel dat jy sal kry nie. Jy is ‘n kenner.
LikeLike
🤗🤗, ek het eerlik getwyfel. Teen dag 2 van die 5 dae het ek begin rustig raak. Probleem is jy moet instaan vir wat enige iemand van oor 300 mense gaan kwytraak. Nou rustyd😉
LikeLiked by 1 person
Ag lekker vriendin.
LikeLike
Sterkte vir die oortuiging van jou handyman.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek het begin por. Hy skop vas, maar ek weet ek moet dit net laat rus … sal wel gebeur.
LikeLiked by 1 person
Dit is nou n baie ougat idee. Dalk net dalk doen ek ook so iets.
LikeLiked by 1 person
Dankie, vriendin, dit is lekker om te hoor, Ons het vanaf ‘n huis met ‘n baie groot kombuis na hierdie meenthuis getrek. En skielik het ek meer pakplek as in daardie kombuis, want baie van die goed wat kaste vol maak, word nou in die plastiese bakke onder die rak gestoor. Mens kan deurtjies oorweeg, maar ek verkies dit so oop. Dan kan ek maklik vee en mop onder die rak.
LikeLike
Baie oulik gedoen hoor, lyk sommer baie netjies
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dit is hemels.
LikeLike