Baie van ons is geneig om ‘so gemaak en so laat staan’ te gebruik om swak gedrag goed te praat. Om nie jammer te sê nie. Vir my skreeu dit teen alles waarin ek as opvoedkundiges glo.
Ons opvoedkundiges glo dat mens met verloop van tyd verander. Dat jy nie dieselfde mens is wat jy gister was nie omdat jy nuwe dinge leer. Maar veral omdat jy uit jou foute leer.
Dit impliseer dat jy nie so gemaak en so laat staan is nie. As jy nie verander nie, verkies jy om nie te verander nie. Hoe hartseer is dit nie?
As jou woorde ander mense so seer maak dat hulle daaroor huil, dan is dit ‘n swak verskoning om te sê dat jy ‘n reguit mens is, so gemaak en so laat staan.
As jou dade ander mense snags laat wakker lê, dan is dit ‘n swak verskoning om te sê dat hulle oorsensitief is, jy is mos maar net so gemaak en so laat staan.
As jy jou hart teen sommige mense verhard, maar nie teen almal nie, is dit ‘n swak verskoning om te sê dat jy so gemaak en so laat staan is.
Want sien, ek wil nie glo dat jy onaangeraak bly as jou woorde mense tref en seermaak nie.
Ek wil nie glo dat jy bestand kan word teen ander se dade nie, want ek weet mense huil in hulle binnekamers as mense hulle teen jou verhard het.
Nie eens die natuur is so gemaak en so laat staan nie.
Die landskap het met verloop van tyd verander as gevolg van aardkorskragte, natuurkragte soos wind en water. Dit het nie dieselfde gebly nie, want kragte werk daarop in. Sagte dele verweer vinniger as harde dele, maar die landskap self verander wel. Dit is nie so gemaak en so laat staan nie.
So-gemaak-en-so-laat-staan is nie ‘n wonderlike verskoning vir swak gedrag nie.
Dit impliseer dat jy nie selfinspeksie doen nie.
Dat jy nie kan sien hoe jou woorde en dade ander negatief beïnvloed nie.
Dat jy nie omgee hoe ander mense geraak word nie.
Dat jy nie leerbaar is nie.
Wat ‘n vreeslike ding om oor jouself te verkondig?
So-gemaak-en-so-laat-staan is nie ‘n verskoning nie.
Dit is ‘n aanklag – teen jouself.
Stem saam, asof dit verskoning raak vir enige gedrag.
LikeLiked by 1 person
Presies net so – ‘n verskoning wat nie vir my werk nie.
LikeLike
👍. Ek sê wees wie jy wil, maar vat die verantwoordelikheid by
LikeLiked by 1 person
Dit is waar. Maar mense word onnodg seergemaak en dikwels kom die persoon later agter dat hy of sy verkeerd was.
LikeLiked by 1 person
Jy is reg
LikeLiked by 1 person
Mooi dag vir jou, ons vat al weer die lang pad … deur die Karoo … hoe vreemd is dit?
LikeLike
Klink awesome, geniet dit, dis die huis🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Virgo, ja, koink my ook of die langpad my huis word. Wanneer kom jy huis toe?
LikeLike
Nie vinnig genoeg nie en grense nog rooi in SA, rëels erg oor SA en aangeskuif tot einde Junie nou. So who knows, ek droom en lees en hoop🙏
LikeLiked by 1 person
Ai vriendin, en SA dink dit is cool om statistiek te kook.
LikeLike
Glo my, oral doen, ongelooflik hoe alles nou net 1 ding beteken.,. Wees net veilig🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie, Virgo, die lekker is dat mens agter die masker kan wegkruip vir vuil mense …
LikeLike
En omdat introspeksie so moeilik is, word verskoning glad nie gedoen nie
LikeLiked by 1 person
Presies net so, Appeltjie.
LikeLike
Om nie leerbaar te wees nie, dis absoluut iets om teen te waak!
LikeLiked by 1 person
Voel ook so, Una, sou dit die regte woord wees? Dalk is daar beter woord, maar dit vat dit vir my saam.
LikeLike
Dis so waar. Dis veral die oue garde wat daardie geloofsbelydenis uitspreek. EK sien dit gereeld hier in die praktyk. Dis net so erg soos mense wat sê wat hulle wil, soos hulle wil en wanneer hulle wil en dit dan blameer op Asperger sindroom.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit is erg, ek het nie eens daaraan gedink dat mens ‘n siekte daarvoor kan blameer nie.
LikeLike
My gewese skoonsus het nie filters nie, net omdat sy as laatlam kon sê wat sy wou sonder gevolge. Nou het sy haarself gediagnoseer met Asperger sindroom want dis volgens haar ‘n simptoom…..volgens my is dit hopeloos te in tugtiging en te veel :los die kind, sy is so oulik as sy op sewe jaar al haar sê kan sê… ongeskiktheid word aangeleer…..
LikeLiked by 1 person
Dit is so waar – ongeskiktheid moet vroeg reeds hanteer word.
LikeLike
Baie goeie insig! Dit sluit aan by uitinge dat iemand sê hy is “reguit”. Of “eerlik”.
Jy beskryf die boeliekultuur uitstekend.
LikeLiked by 1 person