Die foto het ek die naweek geneem. Om my te herinner aan sonsondergange by ons huis in die stad.
Vanaf die stope het ek ‘n bykans 360 grade uitsig oor die omgewing. Die boom op die voorgrond is my jakaranda. Self geplant van ‘n saadjie af. In ‘n tyd toe mens nie jakarandas mag geplant het nie. Hy sou eendag afgekap word as die staat na hulle eie wette luister … nou weet ek nie wat sy lot gaan word nie.

Sonsondergang oor die Magaliesreeks by Krugersdorp.
Ek het hom geredigeer om die blou helderder uit te bring, hy het aanvanklik so gelyk.

Die donker aan die regterkant vn die foto is rook. Anne het al daaroor gesels, die veldbrande hierdie tyd van die jaar.
Hierdie foto gaan soete herinneringe word, ek sal later vertel waarom …
Ek hou so baie van die pragtige kleure van ‘n sonsondergang!
LikeLiked by 1 person
As jy ‘n Jakaranda in jou tuin het, mag dit bly: ons kan nou nie meer Jakarande plant nie. Selfs Pretoria hou hulle Jakaranda bome 🙂
LikeLiked by 1 person
Uiteindelik. Goeie nuus vir my boom, Anne.
LikeLike
Dis mooi fotos, Christa.
LikeLiked by 1 person
Dis darem net mooi, ‘n sonsondergang en fotos is nooit presies so mooi soos die rerige prentjie nie. Jy het my nou nuuskierig hoor
LikeLiked by 1 person