Gepubliseer in Joernaal

Ek het dit gedoen – die Bybel in 1 jaar deurgelees …

Ek het al vertel dat ek dit nodig gehad het om elke liewe dag die Bybel te lees. Toe die regerings van Kazakhstan en Suid-Afrika die eerste inperkings verleng het.

Weens luiheid of dalk ‘n gebrek aan insig, het die Suid-Afrikaanse regering een keer per maand “bymekaar” gekom en besluit dat die inperking met nog ‘n maand verleng word. My vierde kleinkind is tydens die eerste inperking gebore en ons kon nie huis toe gaan om hom te sien nie. In Kazakhstan is die besluit weekliks hersien, want dit is hoe ‘n effektiewe regering die saak bestuur.

Toe het ek nog nie geweet hoe lank die inperkings sou duur nie. Nie geweet dat ek eers op 3 Oktober 2020 van die eerste mense sou wees wat sonder probleme en toestemmingsbriewe die land kon inkom nie. Ek het net geweet dat ek iets kan doen wat ek al van kleinsaf wou doen – naamlik om daadwerklik te poog om die Bybel in een jaar deur te lees.

Om so boek te hou van die dae wat die pandemie duur. Ek kon elke keer net 30 dae bytel om te weet.

Self kon ek dit nog nooit regkry om die Bybel deur te lees nie. Daarom het die Bybel-toep se leesplan wat my deur die jaar deur die Bybel kon lei, my soos ‘n magneet getrek. Die toep neem die OT en die NT van die begin af, elke dag ‘n deel van beide. En voeg dan gedeeltes van die Psalms, Gesange en Hoogliede by. Om uit drie afdelings van die Bybel te bestaan.

Dit sou ek kon doen, want die toep hou boek van my vordering. Ek het al van die projek vertel.

Wel … ek het die doel toe bereik. Reggekry met behulp van die Bybeltoep. En hier is die bewys:

Op 15 April 2021 het ek die mylpaal bereik. En dit voel soos een geweldige groot prestasie. Veral omdat dele van die Ou Testament vir my vreesaanjaend was om te lees. Ek noem ‘n paar:

  • Moeders wat hulle eie kinders kook en eet tydens hongersnood. Ek sal verseker eerder sterf as om my eie kind te eet.
  • ‘n Man wat in ‘n huis ingaan vir beskerming en sy vrou uitstuur na ‘n massa mans wat hom wou verkrag. Toe hy die oggend wakker word, is sy dood by die deur. Toe sny hy haar in stukke op en stuur dit oor die land om te vertel wat met sy vrou gebeur het. As hy haar uitgestuur het om sy lot namens hom te ervaar …

Dan kom die Nuwe Testament en vertel van Jesus se koms en sy genade en dat Hy moes sterf om vir my sondes te betaal. Vir my skrikaanjaend maar terselfdertyd verblydend. Want dit blyk onmoontlik te wees om nie sonde te doen nie. Nou weet ek darem dat ek gered kan word, iets wat die Ou Testamentiese mense nie geweet het nie – daar is jy vir altyd in die moeilikheid as jy ‘n misstap begaan.

Die Nuwe Testament vertel ook dat alle ander nasies ook aan Jesus se voete welkom is. As mens dit nie gelees het nie, sou die Ou Testament jou neerslagtig gemaak het. Daar is slegs die Israeliete die volk van God.

En dan kom mens by Openbaring: Die Boek wat volgens baie mense die eindtye aandui. Mens sou so kon dink, maar ‘n eeu gelede tydens oorlog en peste en pandemies sou mens ook so kon dink.

Volgens die Bybel is die eindtye egter nie so voorspelbaar nie. Sal mens nie weet nie. En daarom moet jy elke dag gereed wees vir die koms van die Here.

As ek moet kies, sou ek die Psalms, Spreuke en Hoogliedere kies as my gunsteling hoofstukke tydens hierdie reis deur die Bybel. Ook Lukas. Maar ek wil nie kies nie. Daarom het ek die boekmerk funksie gebruik om tekste te merk waarna ek sal wil terugkeer.

Intussen het ek en Mia ander leesplanne saam gelees. Vreemd om so daaraan te dink. Aan die einde van elke dag se leesstuk, kan jy kommentaar lewer. En so voel dit of ons saam bbesig is met Bybelstudie. Ons lees mekaar se kommentaar

Noudat die Bybel deurgelees is, is dit lekker om saam met Mia na dele van die Bybel terug te keer. Dit is baie lekker oom ook soms te sien dat ek en die saamstellers van die leesplanne dieselfde verse gemerk het. Hy of sy as deel van die tekste om te lees na hulle les/lesing/preek. En ek toe ek die Bybel deurgelees het.

Ek het die keer die ene vir ons gekies. Nie dat my huwelik moeilik word nie, maar eerder omdat ek van die beskrywing van die leespaln gehou het. Ons het mekaar se pyne lankal leer ken.

In Engels, maar die toep vertaal dit vir my in Afrikaans.

Sien jy hoe hou die toep boek van my vordering?

En toe het die leesplansaamsteller hierdie teks, wat ek ook gemerk het, gekies om by die inhoud van sy/haar preek te pas.

Dit is nogal lekker om so saam te lees. Daarom is ek steeds daagliks besig om die Bybel te bestudeer.

As jy ooit die Bybel wil deurlees en nie kon nie, gebruik die toep. Dit help mens om dit te doen. En ‘n vaste tyd daarvoor. Ek het aanvanklik saans probeer, maar dit werk nie. Nou is dit deel van my oggend roetine. Eerste ding wat ek doen wanneer ek my iPad oopmaak. Dit lees net so maklik op die foon.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

13 gedagtes oor “Ek het dit gedoen – die Bybel in 1 jaar deurgelees …

  1. Veels geluk! Ek lees ook mos my Bybel van voor tot agter, jaar in en jaar uit. Dit neem vir my ongeveer 3 jaar. Ek bewonder jou wat dit in een jaar reggekry het. Dit us so verrykend.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.