Die naweek ry ons terug Gauteng toe en luister radio OFM. Wat ‘n verrassing om te vind dat ‘n hele radiostasie net so woerts weg van WhatsApp geskuif het na Telegram.
Maand: Februarie 2021
La Nina: Paaie in Noord-Kaap breek op
Ons woon sedert 27 Desember 2020 in Kathu, ‘n oulike dorpie in die Noord-Kaap. En dit is soveel anders as wat ons verwag het. Dié deel van Suid-Afrika is veronderstel om nou baie warm en baie droog te wees.
Afwagting – artikel in Sarie
Verlede jaar, nog voordat die pandemie my in ons woonstel in Öskemen, Kazakhstan, ingeperk het, het ek Sarie gekontak omdat hulle onderhoude wou voer met Suid-Afrikaners wat in ander lande woon. Hulle mag my maar kontak.
Identiteitdiefstal en PI (persoonlike inligting)
Die PI wat FB van whatsApp-gebruikers wil kry, is die inligting wat identiteitsdiewe benodig om skade te berokken. Daarom is dit interessant om te sien watter van hierdie inligting reeds tot FB se beskikking is – as jy FB gebruik …
Lees voort “Identiteitdiefstal en PI (persoonlike inligting)”Boekresensie: Speurder Kwaaikofski
Hierdie boekresensie is deur ‘n 9-jarige seuntjie geskryf wat baie, baie daarvan hou om te lees.
Nuweland se laaste wedstryd ‘n hartseer saak
So speel die Stormers (WP) ala WP Saterdag 23 Januarie 2021 in die semi-finaal van die Curry Cup. En daar is ‘n gelaaide atmosfeer, want dit is ook die laaste wedstryd wat op Nuweland gespeel gaan word. Hul tuiste sedert die eerste wedstryd op 31 Mei 1890 gespeel is.