So speel die Stormers (WP) ala WP Saterdag 23 Januarie 2021 in die semi-finaal van die Curry Cup. En daar is ‘n gelaaide atmosfeer, want dit is ook die laaste wedstryd wat op Nuweland gespeel gaan word. Hul tuiste sedert die eerste wedstryd op 31 Mei 1890 gespeel is.
Vir my, wat niks van WP hou nie, was dit skokkende nuus. Daarom was ek die naweek absoluut verras toe my skoonseun – wat ‘n WP-ondersteuner is, nie eens geweet het dat Nuweland gesloop gaan word nie. Ek sou beslis geweet het as Loftus gesloop word.
Nuweland word vanjaar gesloop om plek te maak vir behuising en ‘n inkopiesentrum soos ek verstaan. Ek weet daar was stories dat WP Rugby bankrot is. Wel, die stadion is blykbaar vir R110 miljoen verkoop, hoop hulle raak nie ook in Groenpunt stadion bankrot nie. Want waarhgeen sou hulle dan gaan? En die stadium behoort nie aan hulle nie, sal dit nie kan verkoop nie …
Groenpunt stadion is natuurlik baie mooier. Dit is net hartseer om te vernbeem dat Nuweland die tweede oudste rugby stadion in die wereld is. En nou word hierdie geskiedkundige stadion gesloop om vir huise en ‘n winkelsentrum plek te maak.
En dit laat my nostalgies …
Sedert ek manlief ontmoet het, is Nuweland en sy spelers die vyand, die span wat geklop moet word. Ons is Noord-Transvalers wat mettertyd Bulle geword het en tans as die Blue Bulls bekend staan. Vir ons bly hulle die Bulle.
Ons het gelukkig al op Nuweland na ‘n wedstryd gaan kyk. Anders het ons ‘n stukkie rugbygeskiedenis gekort. Want so in die inperkings word die laaste wedstryd sonder toeskouers gespeel. Ek moes net eers gou die bewyse gaan soek.
Sien, soos ek genoem het, was al op Nuweland. In my Bulls gewaad. Ons het spesiaal afgevlieg om op 22 Julie 2007 na die wedstryd te kyk. Nie ek wat so goed onthou nie, ek het die foto op Facebook gaan soek. Was blykbaar ‘n riller, ek het gedink dat ons – soos die bokke in 2002 op Twickenham, met 3-53 gaan verloor. Ek sien ons het gewen, die kommentaar by die hooffoto herinner my.
En dit was ‘n ervaring om rugby daar te kyk. Ek wil my verbeel dat die treinstasie reg by Nuweland is, so amper asof dit deel van die stadion is? Van my blogvriendinne was onlangs op Nuweland. Aalsie, was dit jy? Help my reg asseblief?
Ons het op die stoele in die voorste rye gesit wat geen rugreëlings het nie. Wie is so laf om sulke stoele in ‘n stadion te sit?
My rug was af. Die mans wat agter jou verby loop, stamp jou in die rug. Hoe meer die alkohol gevloei het, hoe harder was die stampe omdat hulle gesukkel het om reguit te loop. Seker die see se skuld? Seesiek?
Die kleurling-ondersteuners het die oulikste op- en aanmerkings gemaak. In suiwer Afrikaans. Ook in hulle eie Kaapse Afrikaans. Ons het lekker gelag. En is natuurlik vreeslik gespot omdat ons vir die Bulle skree. Tot WP verloor. Die ondersteuners het sommer begin loop toe die span begin verloor, mens mors mos nie tyd om te bly kyk as daar niks aangaan nie?
Ek sal wel na ‘n rugby wedstryd op Groenpunt stadion wil gaan kyk.
Nie sokker nie.
Ek sal dan vir die span skree wat teen WP speel.
Want ek moet bieg, ek het vir hulle duim vasgehou dat hulle die laaste wedstryd op hierdie geskiedkundige dag wen.
En toe verloor hulle.
Waar is die manne se harte? Se trots?
Waaroor ek ernstig wonder, is ondersteuners dit steeds kan bekostig om vir WP te gaan kyk? Op die nuwe stadion?
Die Bulle het die Haaie Saterdag net-net gestuit.
Ook in ‘n geskiedkundige oomblik. Want – dit is een van die rare kere wat die spelers van die veld moes gaan – as gevolg van weerlig! Die pandemie het mos veroorsaak dat die wedstryde nou eers gespeel kan word.
Gevaarlike tyd van die jaar om op die veld te wees as die weerlig in Pretoria besluit om ‘n lugvertoning te hou. Ek weet die weerlig is niemand se maatjie nie …
Dis vreeslik hartseer dat Nuweland gaan verdwyn. Hopelik kom Groenpunt die mas op!
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, dit is nie lekker nie.
LikeLiked by 1 person
Ag, ek is nie ‘n rugby-ondersteuner nie. My man kyk maar so op sy eie. Ek was een keer op Nuweland. Dit voel al of daar nog ‘n keer kon wees, maar my man sê net daardie keer. Hy was natuurlik baie meer kere daar.
My keer? Met intervarsity teen die Ikeys. Natuurlik het Maties gewen. Dit was een fees! Of ek ooit rugby gekyk het, betwyfel ek sterk. Die side shows was baie beter!
LikeLiked by 1 person
En ek het natuurlik voluit gesingsong!
LikeLike
Ek kyk nogal rugby, of ek dink ek het. Nou kyk ek nie meer nie.
LikeLiked by 1 person