Die PI wat FB van whatsApp-gebruikers wil kry, is die inligting wat identiteitsdiewe benodig om skade te berokken. Daarom is dit interessant om te sien watter van hierdie inligting reeds tot FB se beskikking is – as jy FB gebruik …
- Volle name – FB
- huisadres – hopenlik nie gedeel nie
- geboortedatum – Facebook
- e-posadres – Facebook
- paspoortnommer – Nee
- identiteitsnommer – Nee
- bestuurslisensienommer – Nee
- kredietkaartbesonderhede – As jy aanko-e doen op FB
- geboorteplek – Nee? Jou geheime vraag vir FB rekening
- mediese rekords – Nee?
- versekeringsinligting – Nee?
Wat kan identiteitsdiewe met jou inligting doen?
- ‘n kredietkaart oopmaak
- ‘n lening aangaan
- ‘n selfoon nommer kry
- jou debiet of kredietkaart gebruik om fondse te onttrek
- ‘n nuwe ID of bestuurslisensie kry
- jou inligting gebruik wanneer hulle gearresteer word
Hoe kan jy dit vermy?
- gebruik sterk wagwoorde oral en verskillendes vir elke saak
- moenie enige iets op jou rekenaar aflaai nie
- moenie jou PI met webwerwe deel nie
- moenie te veel op sosiale media deel nie
- moenie uitnodigings van vreemdes aanvaar nie
- bestudeer jou bankstate vir vreemde aftrekkings en aktiwiteite
So, jy is klein vissie in die see?
‘n Eksperiment wat in 2017 gedoen is, het getoon dat kriminele jou inligting binne minute van webwerwe kan trek en gebruik om jou identiteit te steel. Tydens die eksperiment het 1200 hackers binne 9 minute probeer om toegang tot die inligting te verkry – spesifiek oor e-posadresse, betalings, en kredietkaarte. Ek is in 2019 deur FB besteel toe hulle net my e-posadres gebruik het om my PayPal rekening leeg te tap. Ek het geen idee wat hulle met my telefoonnommer kan doen nie.
Die probleem met identiteitsdiefstal is dat jy nie dadelik gaan weet nie. Jy gaan eers uitvind wanneer jy ‘n oproep kry van ‘n persoon wat geld wil invorder vir skuld wat jy nie gemaak het nie. Of – soos ek – wanneer FB met jou e-posadres geld uit jou kredietkaart gesteel het wat aan jou PayPal rekening gekoppel is. Die bank wou nie help nie, PayPal het dadelik reggestel – ‘n baie goeie rede om nie jou bank met jou geldsake te vertrou nie …
Waarom behoort PI nie met FB gedeel te word nie?
WA-inligting is baie persoonliker van aard as FB-inligting. Dit sluit in jou interaksie met WA in – dus met wie jy gesels, wanneer en hoe laat. Selfs waar jy is as die ligging aan is. My ligging is dikwels aan, ons gesin deel ons ligging wanneer ons op ver paaie gaan. Hierdie inligting is nie veilig in FB se hande nie.

Dit is duidelik dat Facebook baie meer inligting as enige ander webwerf/toep oor jou insamel. Hierdie inligting word nie beskerm nie. Kyk onder die eerste kolom watter inligting van jou aan derde partye beskikbaar gestel word. Daar is ‘n verskeidenheid artikels beskikbaar waarin bevind is dat FB nie met jou PI vertrou behoort te word nie.
Aangesien die inligting gebruik kan word om jou identiteit te steel, het FB jou toestemming nodig om dit te vat. En uit te deel. Dit is nie toestemming wat ek kan gee nie. Ongelukkig glo vriende en familie dat FB hulle vriend is.
Wat staan jou te doen om jou PI te beskerm?
- Verlaat WA so gou as wat jy kan
- Kry nuwe nommer wat nie met WhatsApp-gebruikers gedeel word nie
- Kry ‘n ander e-posadres en maak dit jou FB adres
- Verlaat FB so gou as moontlik, dit vat 3 maande om jou inligting van die stelsel af te kry.
Dit is nie ‘n ramp nie, dit is ‘n geleentheid – daar is beter alternatiewe
Ek het na Signal oorgeskakel, kyk gerus na die prent bo om te sien dat Signal die minste PI versamel. Die eienaar en ontwikkelaar van WA het FB verlaat en hom by Signal geskaar – omdat hy nie daarmee saamstem dat FB toegang tot PI kry nie. As hy, wat in die raad gedien het en die diepste geheime van FB ken, padgegee het, volg ek hom beslis.