Ek lê bykans elke oggend en luister na die reën op die sinkdak van die afdak voor ons woonstel in Kathu. ‘n Warm dorp? Ek het dit nog nie so beleef nie.
Maand: Januarie 2021
Iets nuuts in 2020 tydens grendeltyd
Bloguitdaging: Scrapy vra dat ons skryf oor iets nuuts wat ons in 2020 leer doen het.
Hot-As-Hell … Hotazel
Hotazel is ‘n piepklein dorpie in Noord-Kaap, so 60 km van Kuruman af. Om daar te kom, moet mens deur Kuruman ry, nie die N14 verder vat na Kathu se kant toe nie. Hotazel kry sy naam van hot as hell. Ek het nog nie regtig agtergekom dat dit hier in die Noord-Kaap so warm is nie.
Boekresensie: Branderjaer
Branderjaer deur Joha van Dyk speel af in die Wes-Kaapse stranddorp Stormbaai. Dit vertel die liefdesverhaal van Louw Swanepoel, seun uit die onderdorp en Deidre Anker, rykmansdogter.
Kathu – ‘n dorpie in die Noord-Kaap
Ek het nog nie regtig vertel nie, dus doen ek dit eers voordat ek meer oor my nuwe omtes kan vertel.
So – ek is nie ‘n mens nie?
Ek beskou myself nog altyd as ‘n mens.
‘n Mense-mens. Jy weet, een van daardie wat altyd tyd sal maak vir ‘n geselsie met ander. Een wat verhoudings belangriker ag as enige ander vorm van kapitaal. Sosiale kapitaal bring my ver. So word my liefdestenk vol gemaak want ek weet gewoonlik waar ek kan help. En wie my kan help …