Gepubliseer in Reisjoernaal

Hot-As-Hell … Hotazel

Hotazel is ‘n piepklein dorpie in Noord-Kaap, so 60 km van Kuruman af. Om daar te kom, moet mens deur Kuruman ry, nie die N14 verder vat na Kathu se kant toe nie. Hotazel kry sy naam van hot as hell. Ek het nog nie regtig agtergekom dat dit hier in die Noord-Kaap so warm is nie.

Dit reën elke middag, dus koel die aarde saans af. Ek wou in Hotazel bly, dit is naby die myn. Maar ons myn se mense bly in Kuruman of Kathu. Dus wou ek Saterdag opsluit Hotazel toe. Want ek kan nie glo dat die dorpie so klein is soos wat beweer word nie.

By die ingang na die dorpie is die geboude pilare, met Welkom in Hotazel. Dan ry jy skaars aan, om by ‘n T-aansluiting te kom. Die garage en OK voor jou en jy kan nie regs draai nie. Dus kan jy met links draai.

Ons het die pad gevolg, regs die poskantoor en slaghuis gesien en iewers vorentoe ‘n gholfbaan en sportsentrum aan die linkerkant gekry, iewers regs ‘n laerskool. Mooi en netjies. Daar is ook wild, so dink ek.

Daar is min huisies, bykans almal het ogiesdraadheining. Wat een ding beteken, dit is ‘n veilige dorpie. Geen misdaad, dus nie hoë heinings en elektriese draad nie. Dit is net ‘n afleiding.

Die Gereforeerde Kerk het my verras, ‘n huis. Klein, met die naam Duineveld op die bord. En toe ry ons verby die hospitaal. En neem ek die swak foto daarvan – Sondaars Hospitaal.

Kan jy nou meer? Wat sou die storie wees?

‘n Hospitaal vir sondaars? Watter soort sondaars? Waarom sou die naam Sondaar Hospitaal wees?

Ek het geGoogle, kry niks. Nie eens die naam nie. Nie dat dit my verras nie, toe ons Google wat mens in Hotazel kan doen, het Google geskryf:

The are 0 things to domin Hotazel. Regtig, kyk self as jy my nie glo nie.

Dit is natuurlik interessant, want daar is op die oomblik ‘n advertensie oor bier dink ek op TV. Die water wat so sproei … iets soos dit. Sal ek soek? Die ene? Snaaks hoe ek dit eers raakgesien het toe Hotazel op my eie kaart plek gekry het.

Het jy dit al opgemerk.

Terloops, ek sal nie omgee om daar te gaan bly nie ..

Ons het nie te veel rondgery nie, moes Kuruman toe. Maar ek dink nie daar is veel meer om te sien nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Hot-As-Hell … Hotazel

  1. Met die Leergvegskool daar naby by Lohatla (waar ek jammerlik baie tyd spandeer het) word beweer dat baie boere in die 1970s met Gharries oftewel Land Rovers gery het, want maandkampers het soms die goed net so in die veld laat staan. Ek kan nie dink dat dit waar kan wees nie maar ons HET eendag op ‘n “verlore” pantserkar in Magoebaskloof afgekom…….dit was onder kamoefleernet en baie organiese materiaal versteek. Later sou ek hoor dat een op Zeerust glo weggeraak het.

    Liked by 1 person

      1. Hulle het my daar weggesteek en nie een van die mooi meisies daar het my gekry nie. Terloops, ek het ‘n Arch-gebaseerde Linux laasnag geinstalleer en is tans besig om Signal en Telegram daarop te sit. Telegram het dadelik gevat maar Signal is ‘n grensgeval; dit laat mens grens. Dis nou al my derde poging om te probeer installeer; dit werk wl op my foontjie maar ek het nie R35k vir ‘n groot foon wat alles kan laai nie en ek dink baie het juis daardie probleem. Weet mense dat ongeveer 45% van hulle duur foon se pryse suiwer BELASTING is? Bo en behalwe BTW is dit ad valorem, aksyns, ens.

        Liked by 1 person

    1. Dit is so 50 km vanaf Kuruman en 56 km vanaf Karthu. Maar, ja, ek wonder ook. Mens word ouer en ek is nie sekre wat die doel van Sondaars Hospitaal is nie. Ek dink ek verkies liewer ‘n ander een as om te gaan toets. En dit is te ver as mens siek is na die twee K-dorpe toe.

      Liked by 1 person

      1. Ek het deeglike ervaring van New Somerset Hospitaal en ‘n paar privaathospitale; gesien hoe my ma dood is. Ek gaan liewer tuis dood iewers op die vlakte; ek sal self regkom, dankie, ek het nie hulle hulp nodig nie. En ek hoef dit net een keer te doen sonder om ver hoef te ry daarvoor. En na my NDE weet ek hoe maklik dit is.

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.