Ek sien vanoggend dat my een van my gunsteling tydskrifte, Rooi Rose, sy eie podsendings het. Dit is nou stories en so aan waarna mens kan luister. Op die web, en op toeps soos die Apple Podcasts toep (foto).
Maand: Februarie 2020
Inkopies in ‘n vitamienwinkel in Qazaqstan
Ek het so gestaan en wag by die een aptekie toe ‘n pakkie my aandag trek. Kollageen wat op die gesig geplak word. Ek het net daar gekoop, want my brein het half laat weet dat dit is wat my gesig nodig het.
Om tee in Qazaqstan te bestel
Twee van ons klein winkeltjies verkoop ‘n nuwe etiket tee. Curtis. Ongelukkig hou beide net enkeles daarvan aan. Nadat elke geur aanvanklik op die rakke was.
Op en Af: blitssepie
Het jy vorige blitssepie van Netwerk24 gekyk? Die Testament. Ek het aanvanklik gedink dit is sommer laf. Hoe kan mens ‘n storie volg as dit elke dag minder as vyf minute lank is?
Lente is slush Puppy tyd in Qazaqstan
Interessante naam wat ek en manlief vir hierdie tyd van die jaar geskep het – slush puppy tyd.
Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)
Ek skryf laas week in my dat ek ‘n kluisenaar is. Net een vriendin op skool gehad het. En een hier. Daarmee het ek ‘n hele klomp vriende te na gekom. Want ek het aan die mense gedink met wie ek baie ure van my lewe om ‘n potjie tee, vroeër koffie en nog vroeër ‘n glas melkskommel gedeel het.
Lees voort “Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)”