My keuse van musiek vir ‘n aandjie in Rebusfontein

Hierdie inskrywing is weer deel van ‘n uitdaging en nie kenmerkend aan my inskrywings nie. Eerder ‘n soort van kragtoernooi, om saam met die towerinne te kan gesels.

***

Ek is nogal bekommerd, hoop die towerinne gaan nie die optrede kanselleer nie. Want Steve Hofmeyr word die laaste tyd oral geboikot! Tog glo ek dat mynversoeke vir ons aandjie in die amfiteater gespeel gaan word.

Dus nooi ek die towerinne wat van Steve hou om saam te sing. En die wat nie van hom hou nie om saam te luister na ‘n man wat met woorde toor.

Hier kom die vyf in geen spesifieke volgorde nie, dit kan maar enige tyd van die aand opgevoer word.

1. Amazing grace

Ek kry nie video op YouTube nie, beskikbaar by:

https://music.apple.com/za/album/amazing-grace/714066295?i=714066939

Ek is baie erg oor hierdie ene en haal sommer ‘n paar lyne aan. Steve toor met sy stem:

I once was lost, but now I am found …

That saved a wretch, just like me …

Tranetrekmooi!

2. Tjoklitbeksoentjies

Ek kry nie video op YouTube nie. Beskikbaar op iTunes by:

https://music.apple.com/za/album/tjoklitbeksoentjies/713915261?i=713915333

Die keuse van woorde trek my:

Sonder jou tjoklitbeksoentjies so sag soos katoentjies is my hart in stukke gekneus

Jou tjoklitbeksoentjies so rond soos pampoenjies so nat soos ‘n worshond se neus

Sonder jou tjoklitbeksoentjes is ek onvoldoentjies is ‘n halwe boks tjoklits is leeg …

Verskoon maar as ek trane in my oë kry terwyl die ene speel, ek verlang vreeslik na my kleinkinders wat my nog met sulke soentjies groet.

3. Heart

Op iTunes beskikbaar by: https://music.apple.com/za/album/heart/714066295?i

Ek het hierdie Gene Rockwell nommer gelief toe ek klein was. Toe ontdek ek dat hy dat die lied op sy lewe gebaseer het. En dink dit is vreeslik gemeen.

Toe raak ek verlief. Op universiteit. En ABBA se Chiquitita is ons twee se song. Gaan terug na die vakanie en ontdek dat hy die vakansie ander weiveld gaan soek het. En toe eers verstaan ek waarom Gene die liedjie geskryf het. Want ek kon dit hard en met gevoel saamsing. Net verander na him waar Gene her gesing het …

Save yourself for somebody new

Don’t make such a fuss, there is no hope for us …

O heart he does not want me, there is no use in acting this way ..

Save yourself for somebody new

Mens kan nie stry nie, hierdie beat is gemaak om met gevoel saam te sing! as mens kwaad is, as mens hartseer is. Altyd.

Toe kom manlief oor my pad. En Steve sing Gene se Heart. En die slegte herinneringe vervaag. Want my hart is sedertdien veilig by my man.

4. Waarmaker

Op iTunes beskikbaar by: https://music.apple.com/za/album/waarmaker/713732703?i=713734723

Ene wat my altyd trek:

Waarmaker van al my planne, waar is jy nou? waar is jy nou?

Ek is die ene wawielore …

Maak my drome waar …

5. Gatvol

Op Itunes beskikbaar by: https://music.apple.com/za/album/gatvol/714182045?i=714182529

Ek hang aan ‘n tak want die wêreld word te warm vir my …

Hier staan ek en hou my bek en kyk na almal om my wat vrees om êrens anders te wees …

Arm in die sak maar warm in die hart is goed …

Maar dink jy wat jy doen en sê sal keer dat ander wakker lê en wens hy was ‘n ander mens?

En dan:

Is jy bietjie maagvol? Keelvol? Of is jy gatvol verby?

En nog meer …

6. Altyd by jou

Ek kry nie ‘n YouTube video nie. Op iTunes beskikbaar by:

https://music.apple.com/za/album/altyd-by-jou/713915261?i=713915329

of beskikbaar by https://www.shazam.com/amp/track/60559893/altyd-by-jou

Die lied saam met ‘n kinderstem is pragtig! Verbeel ek my of was dit Sonja Herhold se Simeon?

Wat ‘n mooi spel voor die woorde begin.

Hou my hande vas, hou my vir altyd, jy is al wat ek het…

Die foto van ons twee moet jy goed bewaar, as jy weer kyk is ek daar …

Jy weet ek is altyd by jou.

My gevoelens vir my kinders. Veral nou. As ‘n kleinkind vra of hulle saamkom Qazaqstan toe. Want hoe moet hulle weet hoe onmoontlik ver dit is? Ons kan dit nie gou-gou doen nie.

Hierdie groepie is ou gunstelinge, op die album Skree is elkeen ‘n gunsteling.

  • Redgebed
  • Feeslied
  • Voertsekdag
  • Breek jou belofte
  • Skree!

Daar is vele meer. Vir nou volstaan ek hierby.

Foto-erkenning: Itunes musiek

Neem gerus saam met ons deel https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

22 comments

  1. Ek sal hulle nog een-een luister, ek ken hulle nie almal nie. O, ek sou sê, ons Towerinne is nieboikotterig nie, in Rebusfontein leef ons en laat ons leef, so jy mag maar ontspan en jou musiek geniet. 😁

    Liked by 1 person

  2. Ag Christa!!! Dis so mooi! En Steve kan sing, hoor! En hy is ook so sentimentele wese….ek is seker hy was dol oor Rebusfontein. As hy nou weer n nuwe song uitreik moet ons mooi luister. Dalk is daar verskuilde verwysing na sy fantasie konsert!!

    Liked by 1 person

  3. Ek is mal oor sy musiek en hy mag maar. Sy album van Kris Krisoffense is puik, Neil Diamond net so. En sy Afrikaans musiek is ek mal for, veral sy over albums. En Gene Rockwell, ai verlang ek na my ma en ouma Koeks. Het dit geniet, dankie Chris.

    Like

    1. Baie dankie, Virgo. Ek is gaande oor Steve se stem. Luister vandag na Hasie hoekom is jou stert so kort en ander ou Afrikaanse liedjies wat hy sing. Sommer geloop en saamsing, veral toe hy daai ene sing van laaste lag. En ek is lus om vir altyd hier te staan en wag sing lekker saam

      Like

  4. Weet nie hoe op aarde ek die deel wat jy van Gene geskryf het nie ingeneem het watter Gene jy van praat nie – jy sê tot sy van duh 😐 Toe kom ek eers in die vroeë oggendure by.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.