Gepubliseer in Joernaal

Verwelkom nuwe inwoner op Rebusfontein

Tyd vir Rebusfontein, my fantasiedorpie. Die een waar die goue vroue bly.

***

Ons is ñ groep vroue, bloggers, en tussen ons klompie het ñ dorp ontstaan, Rebusfontein. Iewers in Suid-Afrika. Iewers in ons lieflike land.
Hierdie hoofstuk sluit by ñ menigte voriges aan. Jy sal dalk frons, jy sal dalk wonder. Ja, Rebus bestaan. Vir ons, en dalk vir jou.
Rebus is ons wegloop-plek, en soms ons wegkruipplek. Maar feite is, Rebus is ONS s’n.
As jy ooit lus is om deel te word, om deel te neem, sê net, en jou droom sal bewaarheid word.

Ek het toe ek by die blogwêreld betrokke geraak het vir San raakgeloop. Sy het gedigte geskryf wat met my hart gepraat het. En toe raak sy weg, heeltemal net weg. Intussen het ek en sy bevriend geraak en met mekaar op geselstoeps gesels. En speel EK al lankal met die gedagte om haar te nooi om deel van die Goue Vroue skryfspan te word. Want sy is ‘n eend van ons dam, sy sal maklik inpas.

Ek kan nie help om die idioom te gebruik nie. Hoe dan anders. Want ek woon mos nou in die Noord-Kaap. En hier word Afrikaans suiwer gepaart. So sê die agent nou die dag dat iemand nie ‘n eend van ons dam is nie. Hoe gepas? Die idioom word ook in die ontkennende vorm gebruik. Ek geniet die Noord-Kaap baie. Geen Engels in die taal vermeng nie. Suiwer Afrikaans. Ek voel skoon skaam as ek Engelse woorde ingooi as ek hier praat.

Ek het Una gekontak omdat sy een van die oudste inwoners van Rebus is en San voorgestel as nuwe lid van die Goue Vroue. Una het die saak by die Goue Vroue gaan aanroer en die res is geskiedenis. San, ek stel die goue vroue dan aan jou bekend, in geen spesifieke volgorde nie:

Una is een van die oudste inwonders van Rebusfontein. Sy is instaan-onderwyseres. Sy het ‘n hond met die naam van Danie en sy gaan gereeld na Rebusfontein om asem te skep. Una woon na aan die arand, maar ver genoeg dat sy op die dam kan gaan rondwoerts saam met haar man.

Seegogga is ons kunstige vriendin. Sy skilder vir ‘n vale en het al vele pryse vir haar werk gekry. Sy woon in Struisbaai se omtes, Wes-Kaapse se wêreld.

Aalsie is ook van die Wes-Kaap, ook na genoeg aan Struisbaai om die see gereeld te sien. Sy is ook ‘n kunstige vrou, neem aan kompetisies deel.

Appeltjie is ‘n ook onderwyseres, laerskool. Ook van die Wes-Kaap. Sy skryf die oulikste voorlees stories oor haar woefkind, Dawie.

Trommeltjies is ook van die Wes-Kaap, sy het onlangs by die span aangesluit, ek is nog besig om haar te ler ken.

Tannie Frannie was, soos ek, baie lank in die buiteland vasgekeer weens die pandemie. Sy het nou eers teruggekom, was langer as jaar in Amerika.

Positief is ons vriendin wat aan die Rand woon, ook soos Una ver genoeg buite die stad. Sy boer met boerbokke en is ons positiewe vriendin.

Sonell is ‘n ma van twee, woon in Mpumalanga en is op pad landuit. Gelukkig weet ons dat die grense van lande virtueel oorgesteek kan word.

Woordnoot is ‘n vrou wat maklik kanse waag, al dink sy nie so nie. Sy het onlangs die berge aangedurf. Sy woon in Pretoria.

VirgoC is ‘n buitelandse vriendin. Sy verpleeg in Abu Dhabi en is ons inwonende dokter. Sy het raad vir alles onder die son.

Toortsie sorg dat daar kos is. Ook van die Wesk-Kaap. Altyd. Sy toets resepte en ons is haar proefkonyne. Moet seker ander naam daarvoor kies want die kos is lekker.

Scrapy woon in Nieu-Zeeland, maar maak die pad sommer vinnig kort met Eleon Musk se speelgoed.

Kameel het ‘n tweede persona, Camilla die seksie heksie. Camilla het Rebusfontein verlaat, maar Kameel kom gereeld kuier.

Daar was ander inwoners ook, maar hulle het Rebusfontein verlaat. Ek het geen idee of hulle gaan terugkom nie. As jy ons soek, kan jy onder towerinne sowel as Goue Vroue soek.

Ons het onlangs die naam na Goue Vroue verander omdat ons tydens die pandemie verplig was om die goud in elkeen te soek.

Dit is wonderlik om deel van die Rebusfontein gemeenskap te wees. Die lekkerste is die saamgesels op die blogs wanneer iemand haar deel van die Rebusfontein storie vertel. Die saamkuier onderaan elke bloginskrywing.

Gordel dus vas, die meeste van ons is van die ouer geslag, maar moet nie probeer om ons aan ‘n ouderdom te koppel nie. Dit is net ‘n getal.

Ons leuse is: Een vir almal en almal vir een. Raai watter storie het ons saam met ons eie kinders gekyk?

Nou is die meeste van ons oumas wat die lewe dikwels vanuit die perspektief van ‘n kind bekyk.

Liewe Goue Vroue, ek het die lysie van elkeen se goud verlê. Help asseblief in julle kommentaar om San te help om julle te leer ken met (a) jou huisie se naam en/of nommer in Rebus, (b) jou troeteldiere en (c) die goud wat aan jou toegedig is.

My huisie lyk soos ‘n Kazakhstan yurt, die nommer is nommer 17. Ek het drie troeteldiere wat saamgaan, naamlik BB, Sobek en Shilo, my miniatuur Schnauzers. Manlief gaan nooit saam nie, Rebus is my plek waar ek uithang. My goud? Wel, die goud in myself moet ek nog ontdek, maar ek het ‘n goue pen gekry. Die een waarmee ek van my lewe in Kazakhstan probeer sin maak het. En waarmee ek die Noord-Kaap leer ken. Dalkies is daar ook in my ‘n stukkie goud …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

18 gedagtes oor “Verwelkom nuwe inwoner op Rebusfontein

  1. a. Die Toringhuisie, nr. 7
    b. Lelik, die wilde wit kat. Soms kom kuier my Amerikaanse kleinkatte, Diesel en Midnight. My Ierse kleinkat, Barbie, is ietwat opstêrs, ek twyfel of sy Rebusfontein toe sal kom.
    c. Ek kan goue munte optower wanneer dit nodig is om ons uit die een of ander penarie te kry. Dis ‘n lang storie – op ‘n stadium het ek hulle in broodjies ingebak wat ek rondgedra het in ‘n mandjie onder ‘n “spierewit gestyfde doekie”, soos Perdebytjie dit beskryf het.

    Liked by 2 people

  2. Ek isToortsie. Het ‘n erg deurmekaar kop. Dink my nr is 5. My huisie het nie regtig ‘n naam nie, maar almal weet dat dit Toortsie se plek is. Daar staan/lê ‘n klompie goed rond wat sal maak dat jy dit uitken. Soos my donkue wat ek van Santorini af gebring het. Daar is rooi nal as voor die deur. Daar staan ‘n fiets wat ek van Holland af saamgebring het, waarvoor, weet ek nie, want ek kan nie fietsry nie. Jy mag hom met graagte gebruik. Man, daar is nog goed, ek dink ‘n windmeul, maar hoekom sou ek dit daar hê? Binne is dit baie bont en daar is ‘n klavier in my huis. So dalk sal die musiek jou naderroep. Weet net, jy is meer as welkom daar.

    Liked by 1 person

  3. Huisie nommer 18
    18 beekhoutbome het stoksielalleen en dolleeg bly staan en toe, in 2020 kom Tommie en Aalsie en gee die plek sy eie naam, ‘Twins’ Cottage’. Aalsie is een van die Malherbe-tweeling. Oud-Stellenbossers, albei ewige studente, skeppend, diepsinnige méns mense. Tommie is Aalsie se ‘Cocker Spaniel’. Die ander tweelingsussie, Joanie, kom kuier gereeld met háár hond, Bismarck, ‘n Snautzer. Tommie is nie ‘n baie goeie gasheer nie, maar die tweeling bestuur hierdie kruitvatsituasie besonder goed.
    As ek reg onthou hrt Aalsie GOUD gekry vir ENTOESIASME!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.