Ons het in Januarie kom kyk of ons in so ‘n koue land kan oorleef. En in ‘n sprokieswêreld van wit sneeu en dansende poppies by die stad se groot sirkel langs die rivier verlief geraak op Oskemen, ala Ust-Kamenogorsk.
Lees voort “Hoe koud is dit in Qazaqstan, ma?”Etiket: Reisjoernaal
Gisteroggend versus vanoggend
Volgens die weertoep sou ons vanaf middernag gisteraand sneeu kon verwag. En die sneeu sou eers Sondag ophou.
Lees voort “Gisteroggend versus vanoggend”‘n Jas vir elke seisoen in Qazaqstan
Laat ek so begin. Ek is nie ‘n modepoppie nie. ‘n Renons aan modes is waarskynlik in my kinderjare gevestig. Dus sal ek nie weet of die modes, wat ek oor jasse hier vertel, soortgelyk in SA is nie.
Lees voort “‘n Jas vir elke seisoen in Qazaqstan”Om in temperature kouer as my vrieskas te oorleef
So drie jaar gelede kyk ek so na Nico Veltman, ‘n skoolvriend wat in Amerika bly, se foto’s op Facebook. Sneeu net waar jy kyk. En ek dink so by myselwers. dankie, maar nee dankie! Daar sal ek nie gaan bly nie. Ek hou van koel, vrieskastemperature is egter om vleis vars te hou. Te keer dat die bloed uit die vleis tap. Ek het ‘n vel wat daardie funksie verrig.
Lees voort “Om in temperature kouer as my vrieskas te oorleef”Ek moet Russies leer praat!
Toe ons hierheen getrek het, het ek besluit dat ek Russies moet leer praat. Intussen het die lus verflou, die taal is, soos ons in Afrikaans stel, Grieks. Enigste probleem is dat Grieks dalk veel makliker as Russies is om aan te leer, die Russe verwar mens nogal baie.
Lees voort “Ek moet Russies leer praat!”Selfs die son kruip vandag onder ‘n donskombers in
Dit het skielik koud geword. Of nee, die weer het ons tweetjies so twee weke gelede gewaarsku dat ons moet onthou dat ons in ‘n belaglik koue land kom woon het.
Lees voort “Selfs die son kruip vandag onder ‘n donskombers in”