Toe ek my Thermomix twee jaar gelede gekoop het, wou die baie irriterende verkoopsvrou ‘n Cookkey aan my verkoop.
Etiket: Qazaqstan
Uitsig vanuit ons woonstel in Ust-Kamenogorsk
Ons het aanvanklik in ‘n baie moderne woonstel ingetrek. Ruim en mooi. Met een toegeboude stoep, by die hoofslaapkamer.
Om ‘n bankrekening in Qazaqstan oop te maak, is ‘n ander ding
ABSA en Nedbank vra my ‘n plaas se prys as hulle my Rande in Tenges omsit. Iets soos R78 op R398. En dit is belaglik. Dus vra ek manlief om vir my ‘n rekening oop te maak en my geld daarin te sit. Dat ek nie so beroof word nie. Hier kan ek baie met R78 doen.
Lees voort “Om ‘n bankrekening in Qazaqstan oop te maak, is ‘n ander ding”As ek en die landlord mekaar nie verstaan nie …
Vir die eerste keer in ons lewe het ons ‘n landlord. Ons het woonstelle gehuur toe ons studente was, maar ek is nie seker hoe dit toe gewerk het nie. Het mens deur ‘n agent gewerk? Want die term was vir my tot baie onlangs onbekend. En nou het ons sommer binne ‘n kort tydperkie twee gehad.
Lees voort “As ek en die landlord mekaar nie verstaan nie …”Ust-Kamenogorsk, woonplek van die werkers
Scrapy het ons uitgedaag om meer oor ons huidige blyplek te vertel. Hier is myne.
Lees voort “Ust-Kamenogorsk, woonplek van die werkers”Ons eie wors in Qazaqstan
Ek het al vertel dat my pa eers ‘n blokman was en later sy eie slaghuise besit het. Ek het ook vertel dat ons basies in slaghuise grootgeword het. Want ons kinders is nooit alleen gelos nie. Waar my ouers was, daar was ons.
Lees voort “Ons eie wors in Qazaqstan”