Manlief hou daarvan om my vir my verjaarsdag te bederf. Gewoonlik is dit ‘n uitete saam met my kinders en juweliersware. Grootste bederf waarvoor ek kan vra, die manier waarop hy my bederf.
Lees voort “Twee skroewe om ons na Nur-Sultan te neem?”Etiket: Qazaqstan
Die sirkus is (of was) in Ust
Verlede week sien ek die pamflette en advertensies teen die bushalte se muur. Die Tsirk (Sirkus) is in Ust. En ek wou nog gaan, veral nadat ek die groot wit tent Sondag op ‘n oop stuk grond gesien het. Maar die week gaan mos net so vinnig verby.
Lees voort “Die sirkus is (of was) in Ust”Ek skenk weer bloed met Victorinox
My dogter en skoondogter het al lankal hierdie messies met die plastiese handvatsels in hulle laai. Ek het dit nooit by hulle gebruik nie, net verder in die laaie gesoek vir skerp messies. Lekker vlak gekyk!
Lees voort “Ek skenk weer bloed met Victorinox”As die Kaiser dink sy weet beter as ek
Lag ek nou lekker toe ek daaraan dink dat baie mense my nou met die titel sal wil reghelp.
Lees voort “As die Kaiser dink sy weet beter as ek”So bly ons warm as dit sub-zero raak
Toe manlief die aanbod kry om in Ust-Kamenogorsk (Öskemen) te kom werk, wou ek nie kom nie. Qazaqstan was voorheen deel van Rusland. En Russies of Qazaq verstaan ek nie. Verder het die kwik einde Januarie toe hy gekontak is na -38 grade Celsius gedaal. En my brein wou nie glo dat mens nie dood sal vries in hierdie land nie.
Lees voort “So bly ons warm as dit sub-zero raak”Julle verkrag die vleis …
Ons wou vandag weer wors maak. En daarom moes ons eers mark toe om die vleis te koop.