Toe manlief die e-pos kry om te oorweeg om ‘n werk in Qazaqstan te kom doen, het ons dom gevoel. Waar is dit? Ons was nie die enigste nie. Almal wou weet waar dit is toe ons sê ons gaan vir drie jaar hierheen emigreer.
Etiket: Kazakhstan
Verpakkings in Qazaqstan:
In ons eerste woonstel hier in Kazakhstan was sulke oulike glashouers in die kaste. Daai soort wat met die draadaffêre oorvou om die deksel toe te hou. En ek wou sulkes hê. Maar het geen idee gehad waar mens dit koop nie.
Uitnodiging vir tee saam met Russiese buurvrou in Qazaqstan
In Qazaqstan is Engels ‘n vreemde verskynsel. Daarom praat ons hier Afrikaans en kry ek kyke op straat as ek Afrikaans praat. Omkyke. En weerkyke. Want dié taal ken hulle ook glad nie.
Lees voort “Uitnodiging vir tee saam met Russiese buurvrou in Qazaqstan”
Prôbleema? In Qazaqstan
Manlief kom elke middag vir middagete. So anders as in die RSA. Gewoonlik kom laai sy drywer hom soggens op en kom laai hom weer saans af. Dan stap hy die twee blokke huis toe vir middagete. En terug.
Qazaqstan, land van muurpapier
Ek het in die 60’s en 70’s grootgeword en Qazaqstan vat my terug na my kinderjare, toe muurpapier ‘n inding in Suid-Afrika was. Ek onthou sulke maroon koninklike muurpapier iewers in ons huis, kom dalk in die sitkamer gewees het. Dalk is ek verkeerd, maar ek onthou dat dit fluweelagtig gevoel het.
Sonder BB, Sobek en Shilo, my geliefde Schnauzers in Qazaqstan
My vier Miniatuur Schnauzers, BB, Shilo, Sobek en Sankie sou van die begin af saamkom Qazaqstan toe. Behalwe as my kinders kan help om hulle vir die drie jaar op te pas sodat hulle nie so ver hoef te vlieg nie.
Lees voort “Sonder BB, Sobek en Shilo, my geliefde Schnauzers in Qazaqstan”