Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Om in ‘n land te oorleef waarvan ek die taal nie verstaan nie

Ons het in Maartb 2019 die groot stap geneem om in Kazakhstan te gaan bly. Maar nie in een van die twee groot hoofstede waar mense Engels verstaan nie. In Öskemen, hoofstad van die Oostelike provinsie. Daar waar Engels ‘n vreemde taal is …

En daar het ons meer as ‘n jaar gewoon. Waar ek op toeps moes staatmaak om dit – wat ek wil koop of vind – te vertaal in Russies sodat die persoon vir wie ek vra my kan help. Of ek moes soos ‘n 2-jarige op gebare staatmaak om gehelp te kan word. Dit was ‘n nagmerrie, maar ook ‘n lekker-vreemde ervaring.

Ons twee was dus erg verras toe ons een keer in ‘n hardeware winkel Afrikaans met mekaar gesels. En daar praat ‘n man met ‘n dogtertjie met ons in Afrikaans. Ook mynman, en so het ek en Mia – sy vrou – vriendinne geword. Dit het gehelp om die vreemd weg te vat, want ons twe ehet gereeld op koffie afsprake gegaan.

Manlief se tolk kon Engels praat. En een of twee van sy werkers. Die res was Russe of Kazakhs. En hy moes op ‘n tolk staatmaak dat hulle hom reg vertaal.

Daar was blykbaar ander Suid-Afrikaners ook in Öskemen. Ek het een of twee deur Mia by die balletuitvoering ontmoet waarheen ons twee gegaan het. Maar ek het hulle nie weer gesien nie. Die inperkings van die kastige pandemie het net daarna begin.

Ek en manlief was dus in ‘n vreemde land met ‘n onverstaanbare taal. Sonder enige iemand anders behalwe die tolk en Mia waarmee ek in Engels kon gesels. Mia praat nie Afrikaans nie, al is sy ‘n Suid-Afrikaner … En dit was op ‘n vreemde manier lekker om te gesels waaroor ek wil. Sonder dat iemand om my my verstaan.

Ek het al soveel keer oor die ervaring gesels. Dat jy seker wonder waarom ek vandag weer daaroor skryf.

Wel, nou die aand het ek en manlief saam met een van sy oud-werkers en sy meisie gekuier. Sy praat Russies, maar ek verbeel my haar ouers bly in Oekranië. Hy is ‘n Afrikaanse mens, soos ons. Ons het juis een aand saam met hulle gekuier in Almaty.

Waarheen ons die laaste drie maande getrek het. Daar het ek niemand geken nie, maar daar kon ek darem in Engels van ‘n menu af bestel. En daar het baie mense Engels verstaan. Almaty is ‘n baie groot stad, ek dink die grootste een in Kazakhstan.

Hy het naby ‘n dorp in die suide van Kazakhstan gewerk. Daar sy Russiese meisie ontmoet. En ons en hulle het een aand saam gaan uiteet.

In die week vra manlief of hulle by ons kan kom kuier, hulle is rukkie in Suid-Afrika. Toe stel ek voor dat ons eerder by die klubhuis gaan tee drink, my huis was deurmekaar van alles wat ons van die rivier af aandra na hierdie huis.

En dit is waaroor ek vandag skryf.

Die man sien waarlik kans vir baie.

Hy werk nou in Brasilië. En sy meisie is saam met hom daar. Net soos in Kazakhstan verstaan hy niemand nie, sy die keer ook nie. Want hulle praat in die dorpie waar die myn is Portugees! Portugees in die hele land!

En skielik verstaan sy hoe ons gevoel het in Kaz, waar ons niemand gehad het om mee te gesels nie. Waar ons niks verstaan het nie. Waar ons probeer leer het, maar moed opgegee het en maar met die vingers en gebare verduidelik het wat ons soek.

En so het ons lekker saamgelag. Oor ervarings saam met die mans in ons lewens. en om te gaan waar hulle gaan …

Al ken ons niemand nie.

Al ontmoet ons niemand waarmee ons kan gesels nie.

Ons het mekaar.

En dit is genoeg.

Dit is heerlik om terug te wees in my eie land.

Tussen my eie mense.

Tussen vriende wat ek in my hart koester. Wat ons twee in ons harte koester.

En omring deur ons kinders en kleinkinders.

Ons twee sal ons nie sommer weer laat verlei om in ‘n ander land te gaan werk nie. Daarvoor geniet ons dit heeltemal te veel om in ons eie taal met almal om ons te kommunikeer.

Of dan ook in Engels as dit moet.

Hooffoto: Uit die lug geneem soos ons oor Almaty opgestyg het om permanent huis toe te kom

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Om in ‘n land te oorleef waarvan ek die taal nie verstaan nie

  1. Ek kan my net indink wat ‘n reuse aanpassing dit in ‘n vreemde land moet wees … en laat staan dan nog ‘n vreemde taal ook! Dis een ding om met vakansie in so ‘n land te wees (soos toe ons in Spanje en Portugal op ons Camino’s was), want dan weet jy dis net vir ‘n paar weke en dis eintlik vreeslik baie pret. Maar om te weet dit gaan so wees vir ‘n lang tyd, is sekerlik ‘n ander storie! Maar ek glo julle het ook lekker-lag herinneringe van julle “praat tyd” in Kazakhstan 😉.

    Liked by 2 people

  2. Ek kan so met jou identifiseer. Jare terug het ons in die noorde van Mosambiek gebly. Niemand daar kon Engels verstaan nie… dit was net in die suide van Mosambiek gebruik. My man het tydelik ‘n Engels-Portugese tolk “ingevoer”. As hy vir 3 dae weg was, ek alleen met 2 kinders… dan het ek omtrent ‘n panic attack gekry as iemand aan die deur klop.

    Liked by 1 person

    1. Jong, dan sal jy lekker saam kan lag. In Kaz trek mense mos skoene en jasse by jou voordeur uit. En ek het elke keer daaraan gedink dat ek alleen met ‘n man in my huis is, nie een woord verstaan wat hy praat nie … en hy is besig om te ontklee!

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.