Ek sukkel nog so bietjie om te verwerk dat die mense hier dink dat ek van Russiese afkoms is.
Lees voort “Как путь? Нет? Wat sê sy?”Etiket: expat
Om in temperature kouer as my vrieskas te oorleef
So drie jaar gelede kyk ek so na Nico Veltman, ‘n skoolvriend wat in Amerika bly, se foto’s op Facebook. Sneeu net waar jy kyk. En ek dink so by myselwers. dankie, maar nee dankie! Daar sal ek nie gaan bly nie. Ek hou van koel, vrieskastemperature is egter om vleis vars te hou. Te keer dat die bloed uit die vleis tap. Ek het ‘n vel wat daardie funksie verrig.
Lees voort “Om in temperature kouer as my vrieskas te oorleef”Thermomix resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee
Ek het ‘n nuwe liefde ontdek. Sitrustee. Mens kry tot sakkies met pomelotee. Van Tess.
Lees voort “Thermomix resep vir Sitrusstroop vir Sitrustee”Ek moet Russies leer praat!
Toe ons hierheen getrek het, het ek besluit dat ek Russies moet leer praat. Intussen het die lus verflou, die taal is, soos ons in Afrikaans stel, Grieks. Enigste probleem is dat Grieks dalk veel makliker as Russies is om aan te leer, die Russe verwar mens nogal baie.
Lees voort “Ek moet Russies leer praat!”Selfs die son kruip vandag onder ‘n donskombers in
Dit het skielik koud geword. Of nee, die weer het ons tweetjies so twee weke gelede gewaarsku dat ons moet onthou dat ons in ‘n belaglik koue land kom woon het.
Lees voort “Selfs die son kruip vandag onder ‘n donskombers in”Ons eerste sneeu val
Toe dit onlangs so koud was, het ek begin stres oor die winter wat kom. Die koue wind het deur my gesny.
Lees voort “Ons eerste sneeu val”