Na vier maande in Ust-Kamenogorsk, Qazaqstan. is daar ‘n paar goed van die Russe/Qazaqs wat ek nie verstaan nie. Sommiges frustreer my, ander pla my en nog ander sou ek net wou verstaan. Hier is ‘n paar.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Afrikaans, my taal, my passie
Ek kry die idee dat ek moet verduidelik waarom ek so pro-Afrikaans is. En vasskop teen die boikot van Steve Hofmeyr se musiek.
Lees voort “Afrikaans, my taal, my passie”Beperking op gewig van tasse na Qazaqstan
Ons is mos op 2 Maart 2019 met ons vier groot tasse (32 kg elk, Lufthansa besigheidsklas), vier klein tasse (8 kg elk) en my handsak na Qazaqstan om vir drie jaar hier te kom woon en werk.
Ons dog ons is pro’s met ‘n trekkery …
Soos ek in die vorige inskrywing vertel het, het ons die afgelope week uit ons stadshuis getrek. Wat ek nie vertel het nie, is dat ons die huis in die mark gesit het omdat ons na ons plasie wil trek wanneer ons na Suid-Afrika terugkeer.
As kleinkinders ouma help huis oppak
Ek het my drie kleinkinders so gemis toe ons in Qazaqstan was. En hulle vir ouma ook. Daarom het hulle vir vier dae en twee oorslapies by ons gekuier, terwyl oupa en ouma huis oppak. Na amper veertien jaar in een huis. En dit was pret!
‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie
Ek het nie fitterig oor kos grootgeword nie. Ek kon self opskep, maar, die kos wat ek opgeskep het, moes ek opeet. Dit het, as ek reg onthou, met my pa se grootwordjare te doen gehad.
Lees voort “‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie”