Ek, wat nie daarvan gehou het om Afrikaans te leer nie, het, vir my straf, bykans my hele onderwysloopbaan Afrikaans as vak aangebied. Eerste Taal, Tweede Taal, na 1994 bekend as Huistaal en Eerste Addisionele Taal. En Immigrant-Afrikaans.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
So, wat doen manlief in Qazaqstan?
Gedigte Wat Dink, een van my vriendinne in die bloggemeenskap vra gister vir my om ietsie te skryf oor wat manlief in Qazaqstan maak.
Lees voort “So, wat doen manlief in Qazaqstan?”Na vier maande in Qazaqstan gaan ek baie goed mis as ek huis toe gaan
Na vier maande in Qazaqstan is daar reeds ‘n paar goed wat ek baie gaan mis wanneer ons teruggaan. ‘n Paar daarvan sal ek so stuk-stuk terugneem, om daar te geniet tot dit klaar is. Ander sal net in my herinneringe wees.
Lees voort “Na vier maande in Qazaqstan gaan ek baie goed mis as ek huis toe gaan”Thermie se groen breinkrag
Toe ek my Thermomix twee jaar gelede gekoop het, wou die baie irriterende verkoopsvrou ‘n Cookkey aan my verkoop.
Uitsig vanuit ons woonstel in Ust-Kamenogorsk
Ons het aanvanklik in ‘n baie moderne woonstel ingetrek. Ruim en mooi. Met een toegeboude stoep, by die hoofslaapkamer.
Om ‘n bankrekening in Qazaqstan oop te maak, is ‘n ander ding
ABSA en Nedbank vra my ‘n plaas se prys as hulle my Rande in Tenges omsit. Iets soos R78 op R398. En dit is belaglik. Dus vra ek manlief om vir my ‘n rekening oop te maak en my geld daarin te sit. Dat ek nie so beroof word nie. Hier kan ek baie met R78 doen.
Lees voort “Om ‘n bankrekening in Qazaqstan oop te maak, is ‘n ander ding”