Ek het nog nie regtig vertel nie, dus doen ek dit eers voordat ek meer oor my nuwe omtes kan vertel.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
So – ek is nie ‘n mens nie?
Ek beskou myself nog altyd as ‘n mens.
‘n Mense-mens. Jy weet, een van daardie wat altyd tyd sal maak vir ‘n geselsie met ander. Een wat verhoudings belangriker ag as enige ander vorm van kapitaal. Sosiale kapitaal bring my ver. So word my liefdestenk vol gemaak want ek weet gewoonlik waar ek kan help. En wie my kan help …
Boekresensie: Die vlerke van naaldekokers
Hierdie boekresensie is die eerste van vele waarin ek die geskiktheid van boeke en veral voorgeskrewe boeke gaan beoordeel, met ‘n spesifieke fokus op handboeke en voorgeskrewe boeke vir die Afrikaanse klaskamer.
Lees voort “Boekresensie: Die vlerke van naaldekokers”Bloguitdaging – geliefde of spesiale klere
Ek het lanklaas aan my blogvriendin Scrapy se bloguitdagings deelgeneem, miskien omdat ek besig geraak het, miskien omdat ek haar kommentaar op my eie blogs, maar veral haar deelwees aan die avonture van Rebusfontein gemis het.
As diere my laat skrik …
Vandag wil ek sommer net vertel van ‘n paar diere wat my al baie groot laat skrik het. Ek begin sommer by die laaste geval, wat nog vars in die geheue is.
As ouma kleinkinders oppas …
Ek was die afgelope tien dae baie stil. Want manlief het vir eers alleen na ‘n dorp ver van hier gegaan. Om daar op die myn te werk. En vir ons blyplek te kry. Ek moes eers alleen agterbly.