Dit is weer Desember en dit reën weer baie in Gauteng en oor die land. Die Vaaldam se vlak het vinnig gestyg en die dam is bykans 100% vol, met nog reën wat voorspel word. Juis in die Vaalrivier se opvangsgebied.
Lees voort “Vlakke van Vaaldam en -rivier styg weer”Etiket: 2021
Ek en padkos … ‘n be-eierde ervaring …
So daag moedersdag 2021 op. Die kinders stuur vroeg oggend boodskappe in ons groepie op Signal. Skoondogter stuur op Telegram boodskap. Die boodskap is dieselfde – ons hoop pa gaan ma bederf.
Lees voort “Ek en padkos … ‘n be-eierde ervaring …”Gaan La Nina weer amok maak?
Daar is twee weerverskynsels wat Suid-Afrika soms lig en soms swaar tref, naamlik La Nina en El Nino. Laasgenoemde sorg vir droogtes, La Nina vir kouer weer en baie reën, soos wat ons nou aantref.