Kyk, Shilo se siekte het my verstand oortyd laat werk. Die man wil by my wees, maar die been kry swaar. Toe sien ek iets in ons landgoed wat my die internet laat fynkam het.
Lees voort “Shilo kry wiele”Kategorie: Woefkinders
My woefkinders en hulle lewe saam met ons.
Hoe kan daar van my verwag word om oor lewe en dood te besluit?
Shilo het kanker, te ver gevorderd om uit te sny, te bestraal of chemo te kry. Laasgenoemde is nogal iets wat ek sal vermy as ek die Groot K diagnose kry. Hy kan nie kies nie …
Lees voort “Hoe kan daar van my verwag word om oor lewe en dood te besluit?”Twee weke alleen met siek woefkind
Twintig twee-en-twintig het nie lekker afgesluit nie en ek sukkel om rede te kry om in 2023 te lag. Selfs om te glimlag. Inteendeel, dit voel of ek verswelg.
Lees voort “Twee weke alleen met siek woefkind”Shilo is ernstig beseer, en ek weet nie hoe nie
Ek is kwaad, hartseer, alles in een. My jongste Miniatuur Schnauzer is ernstig beseer en ek weer nie hoe of wanneer nie. Laat ek dan probeer om dit uit te klaar.
Lees voort “Shilo is ernstig beseer, en ek weet nie hoe nie”Woefkinders ontmoet Stilbaai se see …
Ons is vir die week by die see. Manlief werk van die huis af en ek maak reg vir Desember. Dit is nou die vyfde keer by die see, maar die eerste keer wat die woefkinders saamkom …
Lees voort “Woefkinders ontmoet Stilbaai se see …”Ek is BB, die Miniatuur Schnauzertjie
Hierdie plasing vorm deel van die volgende bloguitdaging:
“Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …
‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue.