Ons het die afgelope weke soveel reën gekry dat Kathu se velde groen van die gras staan. Gister die hele dag weer, met donderweer wat die krag in die huis uitgeslaan het. Ek het my koud geskrik.
Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Heerlike geure Rooibostee
Ek het nie van die smaak van rooibostee gehou nie. Toe oortuig ek myself dat ek baie van rooibostee hou terwyl ek met my kinders swanger was. Want ek moes nog koffie los om hulle te beskerm.
‘n Ou/nuwe blogvriendin – San Dreyer
Ek het San Dreyer deur haar gedigte leer ken, sy het die mooiste gedigte geskryf. Haar skuilnaam wat Gedigte Wat Jou Laat Dink.
Ek … die natgereënde hoender
La Nina is nog glad nie klaar met die koue, nat lug wat sy oor die oostelike helfte van Suid-Afrika injaag nie. Sy het die vog vir die tropiese sikloon Eloïse voorsien. Eloïse was die sewende tropiese depressie wat oor die oseaan gevorm het, die vyfde benoemde storm en die tweede tropiese sikloon van die 2020/21 seisoen. Eloïse het weens die gunstige toestande wat deur La Nina geskep word, gevorm.
Kokosneutmelk ‘n kuur vir ‘n maagseer
Die afgelope week voel ek goor. Opgeblaas, lusteloos, word nie honger nie en as ek wel eet, voel ek vol as ek skaars aan my kos begin raak het. Asof ek ‘n baie groot bord kos verorber het.
Lees voort “Kokosneutmelk ‘n kuur vir ‘n maagseer”La Nina: Paaie in Noord-Kaap breek op
Ons woon sedert 27 Desember 2020 in Kathu, ‘n oulike dorpie in die Noord-Kaap. En dit is soveel anders as wat ons verwag het. Dié deel van Suid-Afrika is veronderstel om nou baie warm en baie droog te wees.