Hierdie foto is in Junie 2019 in die Zhastar park in Ust-kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan geneem. En dit laat my elke keer daaraan dink dat dit goed sou wees as ek maar soos die natuur kan wees.
Lees voort “As ek maar soos die natuur kon wees …”Kategorie: Foto-stories & uitdagings
Bessies met wolmussies in Ust
Ek sien lesers geniet my vertellinge oor ons lewe in Kazakhstan, daarom gaan ek gereeld foto’s plaas wat aan daardie lewe herinner.
Lees voort “Bessies met wolmussies in Ust”As ek iemand anders na-aap
Ek het die foto in November 2013 geneem toe ek geïrriteerd was met mense wat foto’s van hulself in lêende posisies op sosiale media plaas.
Lees voort “As ek iemand anders na-aap”Kan die son en ‘n wolk mens bang maak?
Ons het die naweek N1 om gery na ons plekkie langs die Vaal nadat ons jare lank die pad tussen Parys en ons plekkie vermy het. Kan ek raai tien jaar? Hoofsaaklik weens baie slegte slaggate, wat ons al meer as een keer langs die pad laat staan het met ‘n waentjie waarvan die wiel gebars het.En toe weens padverbouings …
Lees voort “Kan die son en ‘n wolk mens bang maak?”‘n Motorwassery in Öskemen
Toe ons na Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan getrek het, het ons aanvanklik motorloos gegaan. Daar koop mens ‘n motor kontant, dus moes ons eers spaar om ene te kon bekostig.
Lees voort “‘n Motorwassery in Öskemen”Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan
Soms herinner my iPad my aan foto’s wat ek in Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan geneem het. En dan kan ek nie help om verras te staan nie. Omdat ek Ust (ons troetelwoord vir die stad) eintlik as super oud en glad nie modern onthou nie.
Lees voort “Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan”