Ek het die foto in November 2013 geneem toe ek geïrriteerd was met mense wat foto’s van hulself in lêende posisies op sosiale media plaas.
Terloops, sosiale media is eintlik ‘n term wat ek vermy. Want as ek nog een keer moet hoor dat sosiale media die skuld vir alles moet kry, gaan ek sowaar ontplof.
Dit is nie sosiale media wat die probleem is nie, dit is die vingers op die sleutelborde wat die probleem is. Vingers wat alles laat uitvloei wat die hart van vol is. Dikwels baie lelik. Geen teken van netetiket by diegene nie.
Maar, ek wou oor die foto gesels.

Want, ergste van alles is dat ek nogal van hierdie selfie van my hou …
En elke keer wat ek hom sien, of my iPad my aan hom herinner, onthou ek ook waarom ek dit geneem het.
Toe het ek nog net mooi horlosies gedra. Nou dra ek ‘n baie groot, wit Garmin … maar ek het daardie Michelin Herbalin se battery verlede week weer vervang sodat ek hom Sondae kan dra.
Toe het ek skaars begin om my Pandora versameling aan te vul. Nou is die bandjie vol. Ek het al oor die nuwe byvoegings geskryf. En tot my spyt dra ek dit min. Wat sal mens nou soveel juwele dra as jy die hele dag tuis is?
Jy lyk stunning!
LikeLiked by 1 person
Jy moet so dink, jy is my maatjie … Maar, dankie, Seegogga, ek moes dit net opsit en klaar kry.
LikeLiked by 1 person
Jy sal ‘n pragtige voorbladfoto vir ‘n glanstydskrif soos Vogue of Sarie haal, met hierdie een.
LikeLiked by 1 person
Bloos ekke nou lekker, ek het daar geposeer om my snaaks te hou. Maar baie dankie
LikeLike
So ‘n mooie mens. Van buite en van binne! Dankie vir die deel, mooi vrou!
LikeLiked by 1 person
Vriendin, ek het sommer ek gespot met myself toe ek daardie foto gedeel het. Lyk so anders as wat ek regtig voel.
LikeLike
Dis darem ‘n mooie foto van jou! Selfs al is ek jou maatjie, dink ek so, en as ek nie was nie, steeds.
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, Toortsie. Ek lag lekker vir myself oor die foto.
LikeLiked by 1 person
Very nice!!! Neem maar nog hoor!
LikeLiked by 1 person
dankie vriendin.
LikeLike