Toe ek hierdie blaar sien wat soos ‘n briefie in die stam van die boom ingeskuif het, het ek dadelik aan Anne en Aletta en Appeltjie gedink.
Lees voort “Blaarbriefie in boomstam vir my fotograaf blogvriende”Kategorie: Foto-stories & uitdagings
Tydbomme of tydkapsules?
Ons is mos in die proses om die rivierhuis te verkoop. Aangesien ons die plek sedert 2001 het – en intussen ‘n baie groot stoor opgerig het – is daar baie stoorplek. Nie in die huis nie, maar wel in die stoor.
Lees voort “Tydbomme of tydkapsules?”Pretoria tweede koudste plek in land vandag
Dit reën sedert Vrydag elke dag. Sag, maar deurdringend. En dus is die Hennopsrivier weer te vol. En word ons gholfbaan weens oorstromings gesluit.
Lees voort “Pretoria tweede koudste plek in land vandag”Centurion vloed terwyl ons by rivier is …
Gistermiddag het ons so teen drie-uur rivier toe gery. Dit het begin reën toe ons uit Centurion is, maar glad nie hard nie. Tog het dit ons meer as ‘n uur geneem om die stukkie N1 te ry tot by die N14, waar ons eers by ‘n motorhawe moes stop. Die ry-stop-ry is nie so lekker op die blaas nie.
Lees voort “Centurion vloed terwyl ons by rivier is …”40ste huweliksherdenking
Ons was Sondag die 30ste Januarie 40 jaar getroud. Vrydag vertel manlief vir my dat ek ‘n mooi rokkie moet pak, ons gaan bietjie rustig verkeer vir ons 40ste huweliksherdenking.
Lees voort “40ste huweliksherdenking”Vissermanne op brug in Istanboel
Ons het in 2019 ‘n paar keer met Turskish Airlines tussen Johannesburg en Ust-Kamenogorsk (Kazakhstan) gevlieg. Dit was heelwat goedkoper as ander rederye. Maar, ons moes heen en weer 16-uur oorstaan op Istanboel in Turkye.
Lees voort “Vissermanne op brug in Istanboel”