Ons moes bank toe, maar Dusty is mos verkoop. En manlief hou nie van taxi’s nie. Ek moet half saamstem.
Lees voort “Om die bus te vat in Almaty”Skrywer: Dr Christa van Staden
Karma is haar naam
Interessant hoe die twee stoute goed in ons lewens vrouename gekry het. Tropiese siklone en die idee dat wat ek aan ander doen soos ‘n boemerang na my gaan terugkom. Goed of sleg.
Lees voort “Karma is haar naam”Urban Coffee Almaty
Ek skryf so nou en dan oor die plekke in Almaty waar ons eet. Dan neem ek foto’s van manlief, die kos en moet hy verpligtend ‘n foto van my neem. Want anders is ek die onsigbare metgesel. Agter die kamera. Nooit op foto’s asof ek ook daar was nie.
Lees voort “Urban Coffee Almaty”En so kry Dusty haar wit nommerplate …
Ons het van die begin af geweet dat Dusty ‘n Russiese dame is, dat sy hier gaan moet agterbly as ons huis toe gaan. Ons het haar hier in Almaty gekoop en ek het van die proses vertel om haar op ons naam te kry. En ons het geweet dat dieselfde proses op ons wag as ons haar verkoop, want sy is nou so bykans drie maande terug in Almaty.
Lees voort “En so kry Dusty haar wit nommerplate …”Die kamers van my hart
Soms laat ek myself inkatrol, om gelei te word deur die voorstelle vir bloginskrywings. Hierdie een is dus deel van so ‘n uitdaging. Scrapy se uitdaging. Om oor kamers te skryf.
Lees voort “Die kamers van my hart”Middagete by McDonalds in Almaty
Onlangs sien ons dat Almaty ‘n McDonalds het. En ‘n dag later is ons lus vir McDonalds vir middagete. Met Dusty by ons is dit maklik, 10 minute se ry daarheen, 20 minute vir bestel en nog tien terug, dan eet ons sommer by die huis. Oor etenstyd.
Lees voort “Middagete by McDonalds in Almaty”