Vandag, 42 jaar gelede, het ek my droomman getrou. Saam met ons sakke en sakke sout opgeëet, sommige dae en jare meer as ander.
Maar, dit is nie soveel dat ons uitgedroogde bokkoms is nie, ook nie worsderms wat in die sout moet lê nie.
Net genoeg om te weet dat ons mekaar moet ondersteun, altyd en oral, om gelukkig te kan wees.
En dit maak dit die moeite werd om saam te wees. Vir nog baie jare. My sus wens ons nog soveel toe, met ‘n laggie. Dit sal nie gebeur nie, daarvoor is ‘n gewone mens se tyd op aarde te min.

Maar, ons het my ma en pa as voorbeeld, en hulle is nou 64 jaar saam. Die voorbeeld is gestel.
Ons twee kinders volg ons voorbeeld, hulle is self al lank getroud, nadat hulle lank saam was. Ons het gouer getrou.
Baie geluk
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Seegogga, ek waardeer.
LikeLike
Veels geluk! Julle stel ‘n goeie voorbeeld vir julle kinders.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Anne, dit is noodsaaklik vandag, mense skei soms te maklik. Sakke sout is die oplossing, ek dink jy stem saam.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Dis ‘n trotse mylpaal vir enige paartjie. Ek onthou, toe ons die dag getroud is, het my ma vir my gesê “die werk aan jou verhouding stop nie met jou troudag nie, inteendeel, dit begin eintlik in alle erns vandag”. O ja, en jy was ‘n pragtige bruid!
LikeLiked by 1 person
Ag baie dankie, ek waardeer. Dit is waar. Twee van my susters is al meer as een keer geskei. Ek dink hulle dink dit moet altyd in die verliefstadium bly? En as mens vassit, is alles verby?
LikeLiked by 1 person
Baie geluk! Omtrent ‘n mylpaal! Hoop jou man se suiker is okay – nie mooi wat hulle doen nie – en laat ander mense daardeur suffer.
LikeLike
Baie dankie, ek waardeer ou kommentaar. Hoe gaan dit?
LikeLiked by 1 person
Dit gaan goed, dankie. Net altyd mal-besig en wens daar was 12 meer ure in elke dag. Kry nie gedoen wat jy moet doen nie.
LikeLiked by 1 person
Ek hoor jou oor die meer ure. Ek het weer drama by my, my pa is weer in die hospitaal na val. En weer hou hulle hom aan in die step-down. En weer raak die man depressief. En weer kom alles op my neer – ek gaan grys word vinniger as iets anders. Lekker werk,
LikeLiked by 1 person
Ag nee, Christa, so jammer om te hoor!! ❤💛💚💙Ek dink aan jou en hou jou in my gebede. Baie sterkte daar. Dokters se dat ouer mense beland meer in hospital as gevolg van ‘n val as enige iets anders. Baie jammer. Laat weet hoe dit gaan. 😥
LikeLike
Dit gaan goed, ny is nou weer tuis. Mya ma het carer vir ‘n maand, dit help. Dankie vir die vraag.
LikeLiked by 1 person
Bly om te hoor! Seen vir julle en mag hy sommer gou aansterk. x
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dit gaan soveel beter met my pa.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die omgee.
LikeLiked by 1 person