Gepubliseer in Joernaal

42 jaar gelede het ek my droomman getrou

Vandag, 42 jaar gelede, het ek my droomman getrou. Saam met ons sakke en sakke sout opgeëet, sommige dae en jare meer as ander.

Maar, dit is nie soveel dat ons uitgedroogde bokkoms is nie, ook nie worsderms wat in die sout moet lê nie.

Net genoeg om te weet dat ons mekaar moet ondersteun, altyd en oral, om gelukkig te kan wees.

En dit maak dit die moeite werd om saam te wees. Vir nog baie jare. My sus wens ons nog soveel toe, met ‘n laggie. Dit sal nie gebeur nie, daarvoor is ‘n gewone mens se tyd op aarde te min.

Maar, ons het my ma en pa as voorbeeld, en hulle is nou 64 jaar saam. Die voorbeeld is gestel.

Ons twee kinders volg ons voorbeeld, hulle is self al lank getroud, nadat hulle lank saam was. Ons het gouer getrou.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “42 jaar gelede het ek my droomman getrou

  1. Baie geluk! Dis ‘n trotse mylpaal vir enige paartjie. Ek onthou, toe ons die dag getroud is, het my ma vir my gesê “die werk aan jou verhouding stop nie met jou troudag nie, inteendeel, dit begin eintlik in alle erns vandag”. O ja, en jy was ‘n pragtige bruid!

    Liked by 1 person

        1. Ek hoor jou oor die meer ure. Ek het weer drama by my, my pa is weer in die hospitaal na val. En weer hou hulle hom aan in die step-down. En weer raak die man depressief. En weer kom alles op my neer – ek gaan grys word vinniger as iets anders. Lekker werk,

          Liked by 1 person

          1. Ag nee, Christa, so jammer om te hoor!! ❤💛💚💙Ek dink aan jou en hou jou in my gebede. Baie sterkte daar. Dokters se dat ouer mense beland meer in hospital as gevolg van ‘n val as enige iets anders. Baie jammer. Laat weet hoe dit gaan. 😥

            Like

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.