Kleinkind kom nie vanjaar saam see toe, hulle bly tuis, sy ander ouma en oupa is aan hierdie kant.
En dit is vir my swaar slag, want sy ander ouma was verlede jaar die hele tyd by ons by die see. Aangesien dollatjie vanjaar ook by haar skoonfamilie is, al is hulle oorkant die rivier in dieselfde dorp, gaan ek en manlief kersfees alleen vier.
Maar dit is nie waaroor ek wil gesels nie, want sien, die kinders is lankal getroud, ons is lankal gewoond daaraan om kersfees te deel. Dit kom saam met aangetroude familie.
Ek wil vertel van kleinseun.
Ons was twee weke gelede vir ‘n paar dae see toe. Het sommer afgevlieg en weer teruggevlieg. Nie lank nie, ons het kleinseun Dinsdag gesien en toe weer Donderdag die volgende week. Hy is gewoond daaraan om ons een keer per week te sien.
Hy wou ons egter weer sien. En sy ouers het vir hom gesê ons is by die see. En toe wil hy net see toe gaan, na ons toe. Siestog, hy weet nie hoe ver die see weg is nie. Teen die tyd wat hulle daar kom, is ons weer op pad huis toe.
Iedergeval.
Hy wou niks weet nie.
En toe beloof mamma dat hy alleen saam met ons see toe kan gaan as hy ses is.
Dit het nie getroos nie, want sy breintjie het die oplossing gou gemaak, dan wil hy NOU ses wees.
***
Ek twyfel natuurlik ernstig of hulle hom sal toelaat om alleen saam met ons see toe te gaan, maar dit is nou ‘n moontlikheid. Hy gaan hulle by hulle woord hou.
Want gisteraand aan tafel vra ek hoe oud ‘n maatjie is. En hy var sy ma, en sy sē vier en hy wys vir my met die vingertjies. Vier. Toe vra ek hoe oud hy is, en hy sē drie en wys met die vingertjies. En toe moet ek verder vra:
“En wat gaan jy doen as jy ses is?”
Die antwoord was vinnig en beslis.
“Dan gaan ek saam met jou see toe.”
Beloftes maak skuld … en hy vergeet nie.
Ons gaan ook alleen wees hierdie kersefees: die eerste keer in 46 jaar!
LikeLiked by 1 person
Dit is interessant hoe die lewe werk. As mens weer sien, hou jy weer soos pasgetroudes alleen kersfees. Ek gaan aan jou dink. Ons maak op deur kersete te hou voor ons vertrek, dan kan ons darem geskenkies uitdeel en dankie sê
LikeLiked by 1 person
Haha 😁, 6 gaan ‘n groot verjaarsdag vir jou kleinseun wees! En ‘n feit is: ‘n Kind vergeet nie!
LikeLiked by 1 person
Hulle vergeet glad nie, oumas ook nie …
LikeLiked by 1 person
😍
LikeLike