Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Bel die polisie

Gister moet ons twee toilet toe hol. Kom ouma, ons moet gaan poef.

En word ek op pad aangejaag. Hardloop ouma, anders poef ons in ons broeke! Ek vreet die dingetjie sommer op.

Daar gekom, moet ek hoor dat syne vreeslik stink. Ek sê toe dat dit mos maar moet, dit moet uit. Ja, antwoord hy, uit sy magie uit. En vervolg ek: anders vrot dit daar. En antwoord hy ja, dit vrot klaar, dit stink.

Toe kap hy teen die stortdeur en ek sē oupa gaan raas toe hy my aanmoedig dat ek dit ook so bo-oor hom moet kap.

Hy druk toe “knoppies” op sy palm en bel die polisie:

“Julle moet kom, ouma kap teen die deur, julle moet haar kom haal.”

Ek lag, bel in my hand en sê: “Dit was nie ek nie, dit was naampie. Kom haal hom en sit hom in die tronk.”

Hy is verontwaardig – al was dit hy:

Bel weer en sê: “Kom haal vir ouma.”

Ek gee instruksies. Nee, jy moet eers sê, dit was nie jy nie, en dan kom haal vir ouma.

Hy bel en sê: “Dit was nie ek nie, dit was ouma. Kom haal haar, polisie.”

Ek wens ek kon Russies daardie tyd in Kazakhstan so maklik aanleer soos hy. Dalk moes ek by mense gebly het om te leer praat!

Toe sê hy, oupa praat lelik met hom. Ek sê nooit, oupa praat nie lelik met jou nie. Hy is nie eens hier by ons twee nie.

Hy roep oupa en toe oupa daar is, val hy weg:

“Oupa, raas met ouma, sy het teen die stort se deur gekap!”

Oupa is verras want hy weet van niks. Ek beduie dat hy moet raas.

Hy splee saam: “Ouma, jy moenie teen die stort se deur kap nie!”

En kleinkind is doodtevrede, ouma het raas gekry, oupa verstaan!

Dit laat my nou natuurlik wonder oor stories wat hy vertel, want hy het teen die deur gekap, ek het nie. Ek geniet egter die speelsheid daarvan, sy ogies blink so oulik as hy maak of dit ek was. Hy gooi geen vloermoer jie, huil ook nie. Daarom is dit belangrik om na sy reaksies te kyk of hy speel of nie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Kleinkindpret: Bel die polisie

      1. Ek ook. Het jy al We’re going on ‘n bear hunt voorgelees(jy kan mos maar dit in Afrikaans doen) Amelia is op die stadium dat sy gereeld on a bear hunt gaan. Vra haar altyd wie sien jy in die grot? A bear Ouma! Sy is selfs hartseer omdat die mense nie die beer wil laat inkom nie. Hy’s dan alleen!

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar op wetanddustyroads Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.