Blogvriendin vra my nou die dag wat verkies ek Apple of Android. Ek het geantwoord, maar gaan sommer ook gou vertel.
Ek verkies Apple om verskeie redes, maar die beste een is die gemak waarmee sy toestelle werk. Die bedryfstelsels het sulke oulike name, soos Siera en nie Windows 1 tot waar wat frustreer omdat dit wat gewerk het, nou ewe skielik op ‘n ander plek sit nie. As die bedryfstelsel opgradeer, is dit ‘n genotvolle ervaring, geen gesukkel soos met Windows nie.
Apple rekenaars het die lekkerste sleutelborde. die knoppies is sag en druk gemaklik en geluidloos. My iMac is nou 10 jaar oud en haar sleutelbord is nog perfek. Werk koordloos met sleutelbord en muis. Beide so oud soos rekenaar, lyk splinternuut en is nog nooit vervang nie.
Om van een Apple toestel na ‘n ander een te beweeg, is pure plesier. As ek ‘n toep op my foon laai, is hy dadelik op my Apple horlosie, ander iPhone en iPad beskikbaar. My foto’s is ook dadelik beskikbaar, maar my horlosie en foon moet op dieselfde wifi wees om toeps van foon op horlosie te plaas.
Ek betaal wel duurder as ander mense vir my oorfone (Airpods Pro en airpods), maar, as jy eers een in jou oor gesit het, weet jy dat daar ‘n massiewe verskil in gehalte en diens is. My oorfone is regtig ANC, dit blok klank regtig uit. Ek het gister besef ek moet die ANC afsit toe ek in die estate gaan stap het met die honde en amper voor ‘n kar beland het – of nee wag, ek het, maar dit was ‘n stokou tannie wat gelukkig stadig ry. Ek het die ANC blitsig afgeskakel, en toe lekker musiek geluister terwyl ek ook geluide om my kan hoor.
Apple rekenaars klink duur, want daar is net ‘n paar soorte wat deur een maatskappy gemaak word. Maar, as jy appels met appels vergelyk – en dus ky na android rekenaars wat kan doen wat my iMac en McAir doen, is daar nie ‘n groot prysverskil nie. My staanrekenaar (iMac) is die beste kopie wat ek nog gemaak het, sy is steeds op en wakker en het ‘n 1TB geheue, iets wat ek nog nie op kon gebruik nie. Ek het die heel groot ene, en kan twee dokumente met gemak langs mekaar lees en aan hulle werk.
Ek sien iMacs kom nou in verskillende kleure, die metaalgroen klink na iets waarna ek moet gaan kyk. Ek dink egter ek gaan by silwer hou wanneer ek eendag weer gaan koop, al het juis my lessenaar ‘n mooi groen geverf.
My iPad mini wat manlief vir my in 2004 gekoop het, werk steeds. Kleinseun speel nou opvoedkundige speletjies daarop. Dit het wifi en ‘n simkaart, dus kan hy ook weg van die huis daarop speel of stories kyk.
My iPad is in 2019 in Kazakhstan gekoop, en werk steeds elke dag probleemloos, sy gaan net soveel jare goeie diens gee soos my iPad mini gegee het. Ek kan net soveel meer met haar doen – sy is ‘n babarekenaartjie – of nou nie so baba nie, sy is 12 duim in deursnee – dus is die skerm mooi groot. Sy het ook ‘n ordentlike geheue.
Sal ek weer Apple koop?
Ja, beslis. Altyd. Ek spaar juis om my iMac op te gradeer, sy kan nie na die volgende berdyfstelsel opgradeer nie, wat impliseer dat die simpel Microsoft Word nie meer op haar werk nie. Na 10 jaar kan ek R15 000 vir haar kry, nie sleg as mens weet dat ek toe R28 000 vir haar betaal het nie. Sy behou beslis haar waarde beter as enige BMW.
‘n Ou wat homself ‘n rekenaarboffin by Unisa genoem het, het my aangekyk asof ek mal is toe ek vir iemand vertel hoe wonderlik my iMac se sleutelbord is. Openlik van snobisme beskuldig. ‘n Paar maande later hoor ek hoe hy vir iemand in die gang van sy nuutste aankoop vertel – ‘n Apple sleutelbord vir sy android rekenaar – hy kan nog nie die rekenaar bekostig nie, maar die sleutelbord is wonderlik en werk maklik met sy android rekenaar. Toe hy my sien, het hy van sy woorde onthou. Ek het geglimlag – is hy dan ook nou ‘n snob?
Dit gaan nie oor snobisme nie. Apple het ‘n diens wat skrik vir niks. As ek ‘n toep aflaai en dit werk nie reg nie, kry ek my geld sonder vrae terug as ek dit nie meer wil hê nie. As ek ‘n diens stop, word die bedrag nie meer vn my bak afgetrek nie – nie soos Google wat veroorsaak het dat ek my kredietkaart moes stop om te keer dat dit verder van my bank steel. Daar is geen manier waarop ek Google kan keer nie – ek het al my bankbesonderhede verwyder – dit trek steeds af.
Ek skryf nie om jou te oortuig om na Apple te skuif nie, ek vertel bloot waarom ek by Apple bly. Dalk is die hoofrede vir Apple se diens dat die produk van ‘n land kom waar skelms nie geduld word nie, gebruikerservaring hoog geskat word. Nie soos in die Ooste waar alles nagemaak word nie.
Dit laat my aan die Kazakh verkoopsmense dink: Don’t by Chinese, you buy once, you buy twice.
My Apple produkte koop ek een keer ten duurste, die tweede keer is ‘n dekade daarna omdat so baie in ‘n dekade verander dat die hardeware nie met vernuwings kan byhou nie. Daarvoor sien ek kans. Nie vir ‘n nuwe foon elke twee jaar nie.
Waar is die dae toe juffrou Christa gaan opgradeer het nog voor die twee jaar kontrak om is? Nou het sy goedkoop kontrakte, simkaart alleen.
O ja, nou weet ek. Ek het eers Motorola, Nokia en Blackberry gehad. Toe wip ek my vir Blackberry wat nie meer gratis BBM bied nie en kies ek my eerste iPhone, wat steeds werk en in my laai is vir noodgevalle.
Nou gradeer ek op wanneer ek wil. Hierdie ene is 2019 gekoop en ek het nog geen planne of behoefte aan ‘n nuwer weergawe nie. Inteendeel, ons twee is nog groot pêlle.
In plaas daarvan om elke drie jaar ‘n nuwe Windows rekenaar aan skaf, skaf ek Apple produkte aan. Die lys is lank. My eerste koop was ‘n iPad Mini, gevolg deur iPhone, McAir, iMac, nog ‘n iPhone of twee, drie Appple horlosies, airpods, iPad, airpods en nou my airpod Pro’s. Selfs my databank word net deur iStore verkoop.
Die ding is, as mens nie die hele tyd verpligtend ‘n nuwe rekenaar moet koop nie, is daar geld vir Apple se speelgoed.
O ja, ek vergeet om ‘n baie belangrike pluspunt te noem. Apple dateer sy eie sekuriteit gereeld op om skelms en virusse te verhoed om my rekenaar of toestel binne te dring. Ek hoef geen ekstra sagteware te koop nie, my rekenaar is die hele tyd beskerm. Daardeur spaar ek ook duisende oor 10 jaar tydperk.
My dogter glo ook aan iphone
LikeLiked by 1 person
Mens sukkel so min dat dit ‘n goeie keuse is.
LikeLike