Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkind nie-pret: huilend by skool

Vrydag gaan haal ons kleinkind by kleuterskool, gewoonlik is Donderdae ons dag. Maar, oupa was Donderdag weg.

Toe ek die hekkie oopstoot, speel kinders in die sandput. Juffrou het een huilende seuntjie aan die hand, raas na agter met ander een. Wat ek nie kan sien nie omdat hy agter die klimraam staan.

Toe ek in die gangetjie afstap, sien ek dit is kleinkind. En hy is baie hartseer, in trane. Nie vloermoer nie, baie hartseer.

Toe hy my sien, kom hy na my aangehardloop, en juffrou kom soort van agterna. Kleinseun het ander seuntjie geslaan, dit is waarom hy raas gekry het.

Ek gee haar een kyk, hier is meer aan die gmg. Kleinkind huil nie so as hy raas gekry het nie. Eintlik waai ek haar sommer weg, want kleinseun sê die ander een het hom “terug” geslaan.

Interessante woord, ek weet nie of hy weet wat terugslaan beteken nie. Dus wil ek meer weet. Juffrou sien ek is vies, vra eers drukkie en hy drukkie haar, maar die hartseer is baie groot.

Op pad huis toe sit hy op my skoot agterin die kar. Huil al die pd huis toe. Vertel hortent die verhaal.

Die ander seuntjie het op die muur geklim by die babas – waar hy volgens kleinkind nie mag nie. Toe kleinseun hom wou wegkry van die muur, word hy omgestamp. Albei knietjies is veraf. Sy hart is dus seer oor die seer knietjie.

Volgens hom het die ander seuntjie hom op die boud geslaan. Toe slaan hy hom terug op die boud. Weereens wil ek weet wat aangaan. Slan hulle mekaar op die boude?

Sy hart is nog verder seer.

Die ander seuntjie het op sy stoel gesit.

Sy naam is op die stoel en hy noem sy naam en van. Dit is sy stoel, nie die ander een s’n nie.

Toe gaan sê hy vir jufflou dat die een op sy stoel sit, en jufflou sê hy moet af, dit is kleinseun se stoel. Daaroor was kleinseun darem tevrede.

Teen die tyd wat ons by die huis kom, gaan dit beter, ouma kom hom getroos kry. Het baie keer gevra of sy hartjie nog seer is.

Nou hier is die ding.

Ek en kleinseun het vreeslik baie saamgespeel toe hy by my gebly het. En by die klubhuis met ander kinders. Daar het groter meisies hom probeer boelie.

Maar, hy het nie geboelie nie.

Hy was doodtevrede met alles.

Maar, aan die fietsie met blou wiele mag niemand geraak het nie. Dit was syne. Hy het gaan onderhandel met die een wat op sy fietsie is, en as hy dit nie reg kom kry nie, was hy baie ongelukkig. Maar, hy het nie geslaan nie, net gehuil.

Nou kyk, van die laaitie wat kleinseun geslaan het, wil ek nou niks weet nie. Het mooi gekyk hoe hy lyk, so ‘n donkerkop seuntjie. Sal seker maak ek onthou sy naam en gesiggie, want ek moet weet of hy eerste slaan. En of kleinkind eerste slaan.

Vir nou glo ek kleinkind. Hy het raas gekry omdat hy teruggeslaan het – nadat hy gestamp is dat sy knietjies nerf-af is.

Die aand spring hy in die bad, en net so vinnig is hy in trane. Die water is seer op die knietjies – herinner hom aan die velletjies wat af is.

Ouma plak pleistertjies – weet nie waarom ek dit nie in die eerste plek gedoen het toe ons tuis kom nie.

En vanoggend het ek my pleisterkas weer vol gemaak – sommer ook met pleisters met prentjies op.

Ek het spelterapie sertifikaat, kursus gedoen oor hoe om deur speel uit te vind wat met kinders aangaan. Hierdie ouma gaan twee poppe koop (of maak) en dan gaan ek en kleinkind speel.

Kleinkind en die maatjie.

Kleinkind en juffrou.

Ek moet agter die kap van die byl kom.

As hy boelie, moet ons verstaan waarom. As hy geboelie word, moet hy vaardighede aanleer.

Vir nou leer ouma, moenie terugslaan nie, gaan sê vir juffrou.

Maar, ai, hierdie ouma hou nie van klikkiebekke nie, daarom was ek eerder hoërskooljuffrou. En ek wil nie hê hy moet so ‘n kind raak nie.

As hy egter raas kry as hy seergemaak word en terugslaan, moet ek weet. Want dan is dit ‘n ander ding wat aangespreek moet word.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Kleinkind nie-pret: huilend by skool

    1. Ai Scrapy, ek gaan nie hier verduidelik nie. Ek het, na agt maande, rede om bekommerd te wees. Of liewer, ek het nodig om te bepal of ek verkeerd is. Jy sal nie somder konteks verstaan nie – en dit is reg so.

      Like

      1. Ek verstaan dalk beter as wat jy dink. Dis nie lekker om so bekommerd te wees terwyl jy weet daar moet gehelp word om kleintjie rigting te gee na die beste van jou en veral sy behoeftes. Bea sit ook met ‘n manier van doen wat ek as Ouma raaksien en weet daar kan gehelp word. Goed dat jy oplet.

        Liked by 1 person

  1. Ag tog … dit maak mens se eie hart seer as die ou kleintjies se hartjies so seer is! Hoe weet mens wat om te glo – dis moeilik om ‘n ouer (of ouma) van ‘n klein kindjie te wees. Maar ek hoop jy kom agter die kap van die byl 💌.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.