Ons het kleinseun gistermiddag sommer by die dokter se spreekkamer by sy mamma gekry. Hy is nie siek nie, ‘n probleempie moes net bespreek word.
Toe hy my sien, moet sy mamma net keer dat hy nie voor ‘n motor inhardloop nie. Hy “happy bday”. my van ver af, met “Ek het vi jou ‘n skenkie ekoop.” Hy sê nie ge- nie, wat die kleuterskool juffrou laat dink dat hy nie ‘n “g” kan sê nie. Hy kan wel, ons geniet nog net die leerposes om nie alles dadelik reg te wil maak nie. Ons praat wel reg dat hy die regte uitspraak kan hoor.
Die geskenkie is plat en in blu papier toegedraai. Hy vat dit by sy mamma, hy hou dit vir my. Ek is doodtevrede, maar baie, baie muuskierig.
Want sy mamma glimlag geheimsinnig. Hy het dit self gekies, want ek ‘n ‘n groot dogtertjie.
Later die middag toe hy eet en ek en hy na JJ (Cocomelon) kyk, vra ek of ek maar kan sien. En ek mag, hy sal vir my oopmaak.
Ek skeur papier oop, het geen erg aan mooi oopmaak nie. Baie mense wat ek ken, maak so mooi oop dat hulle die papier later weer kan gebruik.
Toe elke studie “pleister” klaar af is, vou hy oop, sē ek kan kyk, maar hy haal uit en probeer dit aanmekaar sit vir my.
Die geskenkie is so dierbaar, ek deel ‘n foto. Twee rekkies met unicorns op wat in ‘n kettie gesit moet word om dit te kan skiet.

Hy het eers probeer aangemaakr sit, maar toe gee hy vir my aan.
Ek speel lekker verder, hy het van die geskenkie vergeet. Dit is mos nou in sy ouma se hande.
Ek dog ek eet die kindjie op,
Gisteraand hoor ek by pappa dat hy eers ‘n karretjie gekies het, maar dat mamma toe gesē het ouma speel nie met karretjies nie. Hy het toe verstaan, ouma is ‘n groot dogtertjie, sy speel met unicorns!
‘n Karretjie sou ook gaaf gewees het. Ek vermoed net ek sou dit dan nie gekry het nie.
‘n Geskenk van die hart!
LikeLiked by 1 person
Dit is nê, ek koester dit. Dink ek moet raam.
LikeLike
Hul is tog so spontaan en te dierbaar mens kan hul sommer opvreet.
LikeLiked by 1 person
Hulle is, en ai, vriendin, ek wens ek het soveel tyd vir my eie kinders gehad.
LikeLike
Stem saam met die tyd wat “verloor” is met skoolhou en studies.
LikeLiked by 1 person
Eintlik sommer jartseer as ek kyk hoe ek nou alles los om die kinders te help. Te speel.
LikeLike
Weet jy, een vriendin het jare terug vir my gesê, toe haar ma op hoge ouderdom haar wou help, sy het nie nou meer haar hulp nodig nie. Sy was toe al ‘n ouer vrou met getroude kinders. “Was my Ma net daar toe sy haar nodig gehad het as kind. ” Haar ma was ook ‘n profesionele vrou gewees. Sal my vriendin se woorde nie vergeet want sy het gesit en huil toe sy dit vir my gesê het.
LikeLiked by 1 person
Ai, dit is erg. Daarom dat ek onderwys verkies. My kinders sē ek was altyd daar vir hulle. En dit is waar, hulle het bo alles aandag gekry. Maar, was ek altyd so vriendelik soos met kelinkinders? Ek dink nie so nie.
LikeLike
Vriendin van my was ook ‘n onderwyseres. Haar ma was in die politiek en nooit tuis nie. Altyd op ‘n misie.
LikeLiked by 1 person
Hoe was sy dan ‘n onnie?
LikeLike
Jong dis eintlik ‘n ingewikkelde storie. Onderwys was my vriendin se lewe gewees. Goeie onderwyseres met wye kennis en ervaring. Haar gesinslewe was egter in ‘n maalkolk van ‘n ander wêreld. Moes seker so gewees het dat ek so intiem betrokke geraak het met haar. Sy het my baie ondervinding gegee in ingewikkelde lewens wyses en ek kon ‘n steunpilaar vir haar wees. Op die ou end is sy aan ‘n hartaanval oorlede, helemaal alleen. Ek was weg met studieverlof en kon niks doen nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is baie erg, arme jy vriendin.
LikeLiked by 1 person
‘n Wyse mamma wat hom toelaat om sy eie geskenkie vir ouma te kies.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so, dit is baie oulik. Dankie
LikeLike
Haha 😁, wat ‘n oulike groot dogtertjie geskenk vir sy ouma! Dis te dierbaar!
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, ek het dit so geniet. Dit is verskriklik spesiaal.
LikeLiked by 1 person
Ag dis so dierbaar Christa! 😊
LikeLiked by 1 person
Ek het dit verskriklik baie waardeer, baie dankie.
LikeLike
😊
LikeLike
Om te dink hy is maar net 3 en hy wil al vir Ouma ‘n geskenk koop. So ‘n oulike keuse! Te dierbaar
LikeLiked by 1 person
Te kostelik en so dierbaar!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, vriendin
LikeLike
Dierbare ding!
LikeLiked by 1 person
Ek geniet hom vreeslik baie.
LikeLike
Hierdie kleinkind van jou is alte oulik hoor. Wie skiet jy met daai kettie?
LikeLiked by 1 person
Ek is so jammer daarvoor. Ny speel daarmee, maar los dit altyd by my
LikeLiked by 1 person