Ek is heel beïndruk met my kennis van die Russiese alfabet – of Siriliese alfabet – wat nog nie afgewater het nie.
Dus lees ek gereeld op my foto’s wat daar in Russies staan. Veral nou dat ek met ‘n spoed deur my foto’s blaai om dit minder te maak. Daar is meer as 11 000 foto’s wat verminder moet word. Ek is vies vir Apple wat nou R200 per maand vra vir my aanlyn stoorplek. Dit is belaglik om te dink dat dit so duur geword het om my eie foto’s aan;yn te berg. Ek neem baie foto’s van iets, maar doen dan nie die moeite doen om dit daarna deur te gaan om net die bestes te los nie …
Hierdie foto is in Julie 2019 op die lughawe in Moskou geneem.

Kan jy raai wat daar staan?
Nee, weet glad nie!
LikeLiked by 1 person
Net omdat jy nie die alfabet ken nie. maar daar is leidrade. Sien jy dit?
LikeLike
Dit lyk volksvreemd … maar kan dit McDonalds wees?
LikeLiked by 1 person
Jy het reg geraai. Dit is, ek het gehoop die leidrade in die foto help. Het dit?
LikeLiked by 1 person
Ja, ek het gedink die “M” logo hier op die voorgrond lyk soos McDonalds 😄 … anders sou ek glad nie geweet het nie!
LikeLiked by 1 person
Ek wou dit eers so stel dat mens dit nie sien nie, toe speel ek eerder met die gedagte dat ‘n leidraad interessant kan wees. Goed gedoen.
LikeLiked by 1 person
😄
LikeLike
Ek het ook reg geraai – en het dieselfde probleem met Google Photos. Ek moet hulle nou uitdun – wat ‘n pes!
LikeLiked by 1 person
Ag Anne, ek voel net so. Wil dit aflaai op my rekenaar, maar dit gaan ewigheid vat. Wat ‘n pes.
LikeLike
Jy sal maak dat ek ook trots is op my Russies! 😁🤩Dankie vir die M-wenk.
LikeLiked by 1 person
Dit was ‘n moeilike wenk. Ons ken dit in geel
LikeLiked by 1 person