Kleinkind kom so week gelede met ‘n nuwe een vorendag. As hy praat, sê hy ouma, ouma, ouma, ouma, ouma, ouma! Seker sewe keer voor hy praat.
Ek geniet dit vreeslik, vertel vir mamma. Sy vertel hulle sukkel dit uit hom uit. En as hy dit doen, stop sy hom en raas.
“Mamma my net een keer.”
Ek vermoed met die vinger wat oot wys, net een keer.
Hulle vertel dat hy pappa nou so baie pappa en toe sy hom vra hoeveel keer hy moet pappa, toe sê hy twee keer. Pappa glimlag, hy mag maar.
Later, toe ons eet, is hy in sy storie vasgevang. En ek kry nie sy aandag nie. Toe noem ek sy naampie so baie, seker sewe keer. (Skuus, ek noem mos nie hulle name nie …)
En hy gooi daardie vingertjie in die lug voor hy praat:
“Naam my net een keer, Ouma!”
Sy pa het amper van die stoel geval soos hy probeer om nie te lag nie.
Ek dog ek eet hom op.
Siestog, ek het toe net een keer sy naampie genoem.
Hy mag my ouma soveel keer soos hy wil, want hy wil vir my iets vertel. Dit is waarom hy my roep.
Soos:
“Ouma (x7) kom ons soek die slakkies.”
Wat ons maar kan soek, hulle is weg. Dood. Na my groot skrik oor wat slakke met hulle longetjies kan aanvang.
So kom hy met joghurt bak met slakke van ander ouma. En ek is nogal ontevrede, sê ouma sal vir hulle blou pilletjies vir kossies gee.
Sy ma lag, sy weet daai pilletjies hou nou al ses maande – geen slak by my nie. Dit wwas darem net die doppies, hulle is of dood of het in die bakkie doodgegaan.
Liefste ou dingetjie. lag so lekker vir sy dingetjies.
En nou is hy al weer baie siek.
Nou ja ouma (x7) 😉 … ek hoop die outjie is gou weer beter.
LikeLiked by 1 person
Ek ook, my hart sukkel as die kind siek is. Baie dankie, ek wil sommer ouma van sewe ook wees.
LikeLiked by 1 person
Te oulik! Jammer hy is weer siek. Hoop hy word sommer gou gesond!
LikeLiked by 1 person
Jong, ek is al so bekommerd oor die kind. Hy verloor dan ook vinnig gewig, soveel dat ek dit voel as ek hom optel Baie dankie.
LikeLike
Sorg dat hy Creche Guard drink
LikeLiked by 1 person
Waar kry mens dit Aletta?
LikeLike
Meeste apteke sal dit aanhou. Dalk ander naam nou.
LikeLiked by 1 person
Dit sal help om sy immuniteit op te bou. Kleuterskole is mos maar n plek waar kinders als deel en maklik kieme ens. optel. Terwyl ek skool gehou het moes ek ook maar ekstra voorsorg tref om gesond te bly.
LikeLiked by 1 person
Dit is so lekker met hulle nè! Hulle bring soveel humor in ons lewe. Ons seuntjie word ook so baie siek. Dikwels steek van ons aan. Geniet hom!
LikeLiked by 1 person
Hi, San, ek kan nie onthou dat my kinders so sieklik was nie, en … hulle was in kleuterskole!
LikeLike
Kosbaar
LikeLiked by 1 person
Ek kan die kind opeet!
LikeLiked by 1 person