Ons het ‘n eerstejaar dominee as tweede predikant, en die meisiekind kan preek dat mens net moet luister.
So vertel sy ons Sondag dat hulle tydens ‘n uitreik strande toe is, en daarna gaan koffie en koekies eet het by ‘n predikant, wat ‘n beroerte gehad het en aan die herstel was.
Elkeen het ‘n bidbeurt gekry, en nadat almal gebid het, het hy haar na sy kamer geroep. Hy het geweet sy swor teologie. En gemaan, mens moet pasop waarvoor jy bid. Sy kon nie onthou wat sy gebid het nie, en dit het haar geskok, wat het sy verkeerd gebid?
Toe vertel hy dat hy as jong student en predikant altyd gebid het die Here kan maar swaarkry oor sy pad sit, hy sal steeds sterk in sy geloof staan.
Die beroerte was egter vir hom een te veel, hy was verlam in die een helfte van sy gesig. En dit het hom gery, want dit het sy geloof aangetas, juis hy wat die Here in sy gebede basies uitgedaag het om maar enige iets op sy pad te sit.
Daarom het hy haar gemaan, pasop waarvoor jy bid. Dit is dalkies net te groot vir jou geloof om jou staande te hou tydens beproewings.
Dit het bly vassteek, en daarom deel ek dit hier. Nie omdat ek die Here so uitdaag om maar enige iets op my pad te sit nie. Maar eerder om te onthou dat ek eerder vir beskerming moet bid as iets anders.
Indien jy graag na haar preek oor hoe om reg te bid wil luister, deel ek die skakel hier. Kragtige preek van ‘n bitter jong predikant. Sy steel ons harte.
Ons dominees laat ons nogal baie sing, die gedeelte oor die predikant is na die eerste liedere.
Christa, sulke wyse wyse woorde. Anthonie sê altyd vir die gemeente, wanneer ons “I surrender all” sing, dat hulle versigtig moet wees… want soms vra die Here ALL. Ons het dit eerstehands beleef. Hy het ons Mosambiek toe geroep as sendelinge, en in die proses het ons alle aardse goed, pensioen, eiendom geoffer om daar te gaan werk. Moenie ‘n fout maak nie, dit was die wonderlikste tydgleuf in ons lewe – en ons is nie spyt oor ons oorgawe nie.
LikeLiked by 1 person
Sjoe ja, ek dink ons wil so graag gehoorsaam wees aan die Here dat ‘n mens (sonder om werklik daaroor te dink) die woorde uiter dat Hy enige iets op ons pad kan plaas.
LikeLiked by 1 person
Stem, vriendin, sonder om te weet wat erger vir ons as vir ander mense sal wees.
LikeLiked by 1 person
Dit is so waar, al self ondervind.
LikeLiked by 1 person
Moeilike besluite dan, as mens nog moet seker maak jy bid nie so dat jy iets gaan moet doen wat onmoontlik lyk nie
LikeLike