Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Kumbaya

Ek is verskriklik beïndruk met my jongste kleinkind wat ek gereeld sien. Vandat hy skool toe is, sing hy. Sommer maklik.

Een daarvan is Kumbaya. As jy my sou vra, sou ek dit nie vir driejariges geleer het nie, dit is Engels en moeilik. Groot woorde. Maar, gelukkig steur die kleuterskool waar hy is hulle min in wat ons worsmasjien onderwysstelsel van driejariges verwag.

Dus por ek hom gereeld om vir my Kumbaya te sing terwyl hy bad. En ek met hom gesels en speletjies aam met hom speel tydens badtyd. Hy bad elke Donderdagaand by ons.

En … hy sing al die versies …

Ek was verras om te sien dat Kumbaya op YouTube voorgehou word s ‘n kinderlied. Daarom deel ek die skakel sommer hier. Volgende keer neem ek sy stemmetjie op. Dit is hemels ….

Luister gerus, ek is gek oor hierdie lied. Nou nog meer as ooit.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

3 gedagtes oor “Kleinkindpret: Kumbaya

Lewer kommentaar op Aletta - nowathome Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.