Gepubliseer in Joernaal,Woefkinders

Woordloos …

Vandag drie weke gelede moes ek Shilo vir die laaste keer veearts toe vat. En ek sukkel steeds om daaroor te kom.

Hier is ons laaste foto, net voor ons op ‘n baie koue, nat oggend na die veearts is.

En ek sukkel om na die foto te kyk. Ek glimlag sowaar op die foto, al was my hart stukkend en swaar soos lood. Ek weet ek was besig om vir Shilo te vertel dat hy Nevan weer gaan sien, en dat hy vir hom moet sê dat ek sy boud sal kom piets as hy lelik met Shilo is.

Maar, ek kan nie vir die glimlag kyk nie. En ook nie vir my hondjie wat so liefdevol by my lê nie. Want hy weet nie wat daarna sou gebeur nie.

Iedergeval, ek moet dit maar deel. Dit was ons laaste oomblikke op die strand, Op sy gunsteling plek. Daar waar hy altyd oopbekkie gelag het.

Hy is so in sy rooi jassie begrawe. Daar waar ek my wortels eendag gaan kom ingrawe.

Ek kyk so na die twee foto’s van my kind. En dit vertel nie sy storie nie. Hy lyk so normaal, so reg. Maar daardie agterbeentjies was slap, papierdun en sonder beheer. Ek het so gewens dat ek sy voorlyfie op ‘n ander agterlyfie kon oorsit, maar dit is mos nie moontlik nie.

Ek gaan die besluit nooit vir myself kan regverdig nie, Shilo het pyn gehad, volgens veeartse. Maar, hy het nie gekla nie, nie getjank as ek hom moet bad nie, stil gelê vir die droogblaas wat hy altyd verpes het.

‘n Voorbeeld vir hoe ek pyn en lyding sal wil hanteer.

Wees gegroet, Shilo, daar sal nie weer ‘n woefkind soos jy wees nie. Ons almal sukkel met jou wegwees.

Kleinkind vertel sommer nog dat jy sy koekie gevat het, as dit Bekka is. En ek, ek Shilo Bekka per omgeluk, en dan is die pyn weer groot en diep in my hart.

Ons sal jou altyd onthou as – in boeta se woorde – my spogpou.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

23 gedagtes oor “Woordloos …

          1. Beatrix het eendag saam winkels toe gegaan. Sy wil toe weet hoekom ek nie na die hondekos wil kyk nie. Sy het nogal verstaan toe ek vir haar verduidelik het. Sy het nogal van Trompie gehou omdat hy nie soos hul twee Yorkies was nie.

            Liked by 1 person

  1. Ander mense verstaan nie altyd nie, ek het meer gehuil oor my honde as meeste van die mense wat oorlede is. My honde is onskuldig, nooit kwaad nie, altyd vol liefde en ek is altyd no1 in hulle lewens. Hulle deel my elke dag, my elke lag en traan, sonder om advies te probeer gee, al wat hulle gee is liefde eindeloos. Dis reg om te huil, die afskeid is seer en moeilik, maar dit raak beter met tyd. Tyd vat die seer nooit heeltemal weg nie en dis ook ok

    Liked by 1 person

    1. Dankie, Positief, ek stem saam. Ek het nog nie oor iemand wat dood is gehuil soos oor hom nie. Of liewer, iemand wat al gebore was. Ek het oor twee skoolmeisies gehuil, maar hulle ouers was vir my kwaad omdat ek in die week waarin hulle dood is, met hulle geraas het. Vir die laaste enetjie het ek gepreek dat sy nie met ‘n sekere outjie kon uitgaan nie, hy was moeilikheid. Sy is die aand by sy partytjie oorlede toe sy – na te veel drank – in haar eie naarwees versmoor het terwyl hulle partytjie hou. Ek wou huil, maar is kwalik geneem omdat ek met haar gepraat het oor die ou. Ouers ken nie kinders soos ons nie. Dit was ook na aan die laaste strooi voor ek bedank het.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.